Author Archives: admin

Glutensensitiwiteit en seliaksiekte

Glutensensitiwiteit is deesdae dikwels in die nuus en heelwat mense wat van mening is dat hulle daaraan ly skakel gluten uit hulle dieet – dikwels sonder dat ‘n definitiewe diagnose eers gemaak is. Gluten kom in talle van ons stapelvoedsels voor en dis moeilik om gluten volledig uit te skakel. Waaroor gaan dit regtig? Glutensensitiwiteit… Read More »

Tuberkulose (TB)

Tuberkulose is baie algemeen in Suid-Afrika, maar hoe raak dit my? (Sien ook “My kinderoppasser het TB – wat nou?!”. Tuberkulose is ‘n infektiewe siekte wat baie algemeen voorkom, en wat dodelik kan wees indien dit nie doeltreffend behandel word nie. Ongeveer ‘n derde van die totale wêreldbevolking is met tuberkulose besmet, en die omvang… Read More »

Duiseligheid, Sinkopie (floute) en Vertigo

Duiseligheid Duiseligheid is ‘n gevoel van lighoofdigheid of ‘n gevoel dat jy ligweg dryf en nie heeltemal seker is waar die grond onder jou voete is nie. Duiseligheid kan verskeie en verskillende oorsake hê, en moet ook onderskei word van vertigo. Dit kan voorkom wanneer  ‘n mens: ontsteld is gewoond moet word aan ‘n nuwe… Read More »

Suising in die ore (Tinnitus)

Tinnitus is wanneer ‘n mens ‘n geluid hoor waar daar geen geluid in die omgewing is nie.  ‘n Mens kan dit hoor as ‘n suising in die ore, ‘n hoë aanhoudende geluid soos sonbesies wat in jou kop lawaai, selfs soms ‘n gebrul, en dit kan halfpad van toonhoogte verander. Tinnitus gaan meestal gepaard met… Read More »

Voorsorgmaatreëls wanneer jy oefen

In die vorige artikel het ons gesels oor die voordele van ‘n aktiewe lewensstyl.  Wanneer jy besluit om meer aktief te wees is daar ‘n paar voorsorgmaatreëls om in gedagte te hou voordat jy wegspring met jou oefenprogram. Moenie te vinnig begin nie. Bly binne jou vermoëns. Dra gemaklike klere en veral skoene wat nie… Read More »

Voordele van oefening

Ons word daagliks uit verskillende oorde bewus gemaak van die feit dat ‘n aktiewe lewenstyl voordelig is. Sommige groot maatskappye wat mediese fondse en lewensdekking verskaf, beloon lede wat gereeld oefen met kontantterugbetalings en verlaagde premies.  Die geld wat hierdie maatskappye spandeer op hierdie initiatiewe is niks in vergelyking met die geld wat hulle spaar… Read More »

Hipertensie (Hoë bloeddruk)

Hipertensie (hoë bloeddruk) word in seker 95% van gevalle toegeskryf aan die kombinasie van ‘n genetiese geneigdheid tot die toestand, en lewenstylfaktore wat lei tot ‘n verhoging in bloeddruk.  Laasgenoemde sluit in stres-sensitiwiteit, te veel sout in die kos, te min kalium- en kalsiuminname en ‘n gebrek aan fisieke oefening.  Hoë bloeddruk kom baie dikwels… Read More »