Tag Archives: antibiotika

Het probiotika regtig waarde?

Probiotika het een van die gonswoorde van ons tyd geword. Soos wat die mikrobioom en die rol wat dit in ons gesondheid speel al meer nagevors word, is die weg gebaan vir nog ‘n foefie om sy kop uit te steek, en dit is die gebruik van probiotika  (“goeie” dermflora) in pilvorm, in die hoop… Read More: Het probiotika regtig waarde? »

Blaasinfeksies

Blaasinfeksie (sistitis) is ‘n lastige en algemene probleem wat meer by vroue voorkom, en veral meer algemeen is tydens swangerskap.  Die simptome is: frekwensie (dikwels urineer) disurie (urine wat brand) en laer buikpyn. Dis ook algemeen by bejaardes wat inkontinent is en permanent ‘n doek aan het. In sulke gevalle is die pasiënt dikwels nie… Read More: Blaasinfeksies »

10 Wetenskaplike beginsels van Gesondheid

Hierdie artikel gee ‘n perspektief op die wetenskap van gesondheid en die behoud daarvan, gesien teen nuwere navorsing  van die liggaam en die brein. Die wetenskap leer vir ons die volgende oor gesondheid: 1. Stamselle Stamselle is die oorspronklike multi-potensiale selle wat in alle embrio’s voorkom tydens die ontwikkelingsfase. Stamselle is steeds by volwassenes in… Read More: 10 Wetenskaplike beginsels van Gesondheid »

Tuberkulose (TB)

Tuberkulose is baie algemeen in Suid-Afrika, maar hoe raak dit my? (Sien ook “My kinderoppasser het TB – wat nou?!”. Tuberkulose is ‘n infektiewe siekte wat baie algemeen voorkom, en wat dodelik kan wees indien dit nie doeltreffend behandel word nie. Ongeveer ‘n derde van die totale wêreldbevolking is met tuberkulose besmet, en die omvang… Read More: Tuberkulose (TB) »

Die gevare rondom die gebruik van antibiotika

Hoewel antibiotika onder die regte omstandighede ‘n wonderkuur is wat lewens kan red, het dit newe-effekte en moet die impak van ‘n kursus antibiotika op die mikrobioom nie gering geskat word nie. Antibiotika is kragteloos teen virale infeksies en moet slegs vir bakteriële infeksies gebruik word. Onoordeelkundige gebruik van antibiotika kan weerstandigheid teen hierdie middels… Read More: Die gevare rondom die gebruik van antibiotika »

Die Mikrobioom: Ons eie ekosisteem

Mikro-organismes in die dermkanaal en hoe dit ons gesondheid beïnvloed Hoe meer ons te wete kom van die liggaam en sy siektetoestande, hoe duideliker raak dit dat ‘n verskeidenheid van siektes aan dieselfde oorsake toegeskryf kan word. Een van die huidige belangstellingsvelde is die rol wat die mikrobioom (die ekologiese balans van die mikro-organismes) van… Read More: Die Mikrobioom: Ons eie ekosisteem »