Category Archives: Diabetes

Kunsmatige versoeters? Nee!

Dokter Retief is nie ten gunste van die gebruik van kunsmatige versoeters – soos aspartame, sucralose en saccharin – nie, soos genoem in sy artikel Hoe bly ‘n mens gesond? Daar word deesdae meer en meer inligting gepubliseer oor die invloed wat kunsmatige versoeters op die liggaam het. Hier is ‘n interessante artikel waarin bespiegel… Read More »

Leer jou kind gesond eet:  Deel 1

Ouers ontsien dikwels geen tyd, geld of moeite om hulle kinders die beste geleenthede in die lewe te gee nie.  Tussen al die indrukwekkende babatoerusting, goed ingerigde skooltjies, musiekklassies, swemlesse, opvoedkundige speelgoed en vele ander voorregte, faal ons as samelewing egter ons kinders in ‘n geweldig belangrike opsig.  ‘n Skokkende hoeveelheid van ons kleuters, kinders… Read More »

Insulienweerstandigheid en vervetting van die lewer (Steato-hepatose)

Een van die groot gesondheidsprobleme van ons tyd is dat ons vir onsself ‘n omgewing geskep het waarvoor ons liggame nie evolusionêr opgewasse is nie. Almal wat vandag lewe, is die nasate van die oorlewers van die verlede, en om te kon oorlewe, moes die liggaam in staat wees om vet te kan stoor.  Die… Read More »

Proteïen/koolhidraat kontroversie in die diabetiese dieet

Die bekende sportfisioloog Prof Tim Noakes was onlangs in die nuus nadat hy in sy nuwe boek, “Challenging beliefs”, ‘n siening gepubliseer het waarin afgewyk word van die gewone dieetvoorskrif wat ons aan diabete gee. Die gewone benadering is dat die grootste deel van ‘n diabeet se daaglikse inname koolhidraat-gebaseerd moet wees (bv. soos in… Read More »

Glutensensitiwiteit en seliaksiekte

Glutensensitiwiteit is deesdae dikwels in die nuus en heelwat mense wat van mening is dat hulle daaraan ly skakel gluten uit hulle dieet – dikwels sonder dat ‘n definitiewe diagnose eers gemaak is. Gluten kom in talle van ons stapelvoedsels voor en dis moeilik om gluten volledig uit te skakel. Waaroor gaan dit regtig? Glutensensitiwiteit… Read More »

Voordele van oefening

Ons word daagliks uit verskillende oorde bewus gemaak van die feit dat ‘n aktiewe lewenstyl voordelig is. Sommige groot maatskappye wat mediese fondse en lewensdekking verskaf, beloon lede wat gereeld oefen met kontantterugbetalings en verlaagde premies.  Die geld wat hierdie maatskappye spandeer op hierdie initiatiewe is niks in vergelyking met die geld wat hulle spaar… Read More »

Hipertensie (Hoë bloeddruk)

Hipertensie (hoë bloeddruk) word in seker 95% van gevalle toegeskryf aan die kombinasie van ‘n genetiese geneigdheid tot die toestand, en lewenstylfaktore wat lei tot ‘n verhoging in bloeddruk.  Laasgenoemde sluit in stres-sensitiwiteit, te veel sout in die kos, te min kalium- en kalsiuminname en ‘n gebrek aan fisieke oefening.  Hoë bloeddruk kom baie dikwels… Read More »

Artritis en Osteo-artrose

Van die lastigste, pynlikste en mees debiliterende chroniese siektetoestande by ouer wordende mense is osteo-artrose en osteo-atritis. Wat is dit en wat kan ons daaraan doen? Osteo-artrose is primêr ‘n degeneratiewe siekte van die kraakbeen wat die gewrigoppervlaktes belyn. Verder veroorsaak dit veranderinge in die been self, rondom die gewrigte, wat lei tot totale verval… Read More »

Die Mikrobioom: Ons eie ekosisteem

Mikro-organismes in die dermkanaal en hoe dit ons gesondheid beïnvloed Hoe meer ons te wete kom van die liggaam en sy siektetoestande, hoe duideliker raak dit dat ‘n verskeidenheid van siektes aan dieselfde oorsake toegeskryf kan word. Een van die huidige belangstellingsvelde is die rol wat die mikrobioom (die ekologiese balans van die mikro-organismes) van… Read More »