Category Archives: Vetsug

Waarheen dan met PPIs (protonpomp-inhibitore)?

Die artikel oor die langtermyngebruik van protonpomp-inhibitore (handelsname sluit in Altosec, Losec, Nexium, Omez en vele meer) het heelwat navrae uitgelok.  Ek gee graag meer inligting daaroor. Die maag is as’t ware die hekwag van die hele dermkanaal en reguleer dus ‘n groot aantal van die aksies in die dermkanaal.   Ons het maagsuur vir ‘n goeie… Read More »

Waarskuwing: Langtermyn Gebruik van Protonpomp-inhibitore (PPIs)

Die langtermyn gebruik van protonpomp-inhibitore (PPIs), ‘n medikasie teen sooibrand, is baie algemeen en mense drink dit soms jare lank as chroniese medikasie.  Hierdie pille (handelsname sluit in Altosec, Losec, Nexium, Omez en vele meer) is baie effektief.  Dit skakel in die meeste gevalle sooibrand uit deurdat dit die vorming van maagsuur belemmer deur die… Read More »

Kunsmatige versoeters? Nee!

Dokter Retief is nie ten gunste van die gebruik van kunsmatige versoeters – soos aspartame, sucralose en saccharin – nie, soos genoem in sy artikel Hoe bly ‘n mens gesond? Daar word deesdae meer en meer inligting gepubliseer oor die invloed wat kunsmatige versoeters op die liggaam het. Hier is ‘n interessante artikel waarin bespiegel… Read More »

Leer jou kind gesond eet:  Deel 1

Ouers ontsien dikwels geen tyd, geld of moeite om hulle kinders die beste geleenthede in die lewe te gee nie.  Tussen al die indrukwekkende babatoerusting, goed ingerigde skooltjies, musiekklassies, swemlesse, opvoedkundige speelgoed en vele ander voorregte, faal ons as samelewing egter ons kinders in ‘n geweldig belangrike opsig.  ‘n Skokkende hoeveelheid van ons kleuters, kinders… Read More »

Insulienweerstandigheid en vervetting van die lewer (Steato-hepatose)

Een van die groot gesondheidsprobleme van ons tyd is dat ons vir onsself ‘n omgewing geskep het waarvoor ons liggame nie evolusionêr opgewasse is nie. Almal wat vandag lewe, is die nasate van die oorlewers van die verlede, en om te kon oorlewe, moes die liggaam in staat wees om vet te kan stoor.  Die… Read More »

Proteïen/koolhidraat kontroversie in die diabetiese dieet

Die bekende sportfisioloog Prof Tim Noakes was onlangs in die nuus nadat hy in sy nuwe boek, “Challenging beliefs”, ‘n siening gepubliseer het waarin afgewyk word van die gewone dieetvoorskrif wat ons aan diabete gee. Die gewone benadering is dat die grootste deel van ‘n diabeet se daaglikse inname koolhidraat-gebaseerd moet wees (bv. soos in… Read More »

10 Wetenskaplike beginsels van Gesondheid

Hierdie artikel gee ‘n perspektief op die wetenskap van gesondheid en die behoud daarvan, gesien teen nuwere navorsing  van die liggaam en die brein. Die wetenskap leer vir ons die volgende oor gesondheid: 1. Stamselle Stamselle is die oorspronklike multi-potensiale selle wat in alle embrio’s voorkom tydens die ontwikkelingsfase. Stamselle is steeds by volwassenes in… Read More »

Voordele van oefening

Ons word daagliks uit verskillende oorde bewus gemaak van die feit dat ‘n aktiewe lewenstyl voordelig is. Sommige groot maatskappye wat mediese fondse en lewensdekking verskaf, beloon lede wat gereeld oefen met kontantterugbetalings en verlaagde premies.  Die geld wat hierdie maatskappye spandeer op hierdie initiatiewe is niks in vergelyking met die geld wat hulle spaar… Read More »