Category Archives: Sooibrand / Refluks

Ondersoeke vir maag- en dermkanaalsiektes

‘n Groot verskeidenheid simptome en siektes setel in die dermkanaal, en die ondersoek hiervan sluit ‘n wye verskeidenheid diagnostiese velde in. Die wegspringplek is altyd om te luister na die pasiënt se beskrywing van presies hoe die probleem beskryf word.  Dan volg ‘n gewone fiesiese ondersoek, en op grond hiervan sal die dokter besluit watter… Read More »

Waarheen dan met PPIs (protonpomp-inhibitore)?

Die artikel oor die langtermyngebruik van protonpomp-inhibitore (handelsname sluit in Altosec, Losec, Nexium, Omez en vele meer) het heelwat navrae uitgelok.  Ek gee graag meer inligting daaroor. Die maag is as’t ware die hekwag van die hele dermkanaal en reguleer dus ‘n groot aantal van die aksies in die dermkanaal.   Ons het maagsuur vir ‘n goeie… Read More »

Waarskuwing: Langtermyn Gebruik van Protonpomp-inhibitore (PPIs)

Die langtermyn gebruik van protonpomp-inhibitore (PPIs), ‘n medikasie teen sooibrand, is baie algemeen en mense drink dit soms jare lank as chroniese medikasie.  Hierdie pille (handelsname sluit in Altosec, Losec, Nexium, Omez en vele meer) is baie effektief.  Dit skakel in die meeste gevalle sooibrand uit deurdat dit die vorming van maagsuur belemmer deur die… Read More »

Mantelvliesbreuk, Diafragmabreuk, Hiatus Hernia

Baie mense verkeer onder die wanindruk dat ‘n mantelvliesbreuk ‘n skeur of ‘n stukkende plek in die mantelvlies (diafragma) is.  Dis is glad nie die geval nie.  ‘n Sogenaamde mantelvliesbreuk is net ‘n verslapping of vergroting van die normale opening in die mantelvlies. Die mantelvlies is ‘n spierkoepel wat die liggaamsholte in twee dele verdeel:… Read More »