DAG 4

By | 29 Desember 2018

Volg weer die basiese riglyne en dagprogram soos uiteengesit vir Dag 1.

1.  Wakkerword

4b (2)Dink vandag wanneer jy wakker word oor die afgelope 3 dae se aktiwiteite.  Waarvan het jy gehou?  Hoe voel jy oor vandag?  Wat sal jy vandag anders wil aanpak?

Mantra vir dag 4: “As jy dink jy is gelukkig, dan is jy.” – C. J. Langenhoven

2.  Stiltetyd/Meditasie

Bybelwaarheid: Die Bybel waarsku: die derde gebod: jy mag die Naam van die Here jou God nie ydelik gebruik nie, want die Here sal die een wat Sy naam ydelik gebruik, nie ongestraf laat bly nie. EN: sweer hoegenaamd nie, nie by die hemel nie omdat dit die troon van God is, ook nie by die aarde nie, omdat dit die voetbank van Sy voete is.  Dink net hoe hierdie gebod en bepalings daagliks oortree word: nie net met die deesdae universele gebruik van die uitdrukking “O my God” wat vir alles onder die son bygevoeg word, soveel so dat die afkorting OMG nou selfs in die nuwe woordeboeke aangegee word, maar ook uitdrukkings soos “O my word”; “O my gosh”; ek sweer; “Alla wêreld”; “op die (of deeske) aarde!”; “liewe Vader!”. My ma het altyd gesê dis net ‘n vloekwoord met ‘n rokkie aan.

3.  Fisieke aktiwiteit

Doen vandag die volgende oefeninge (kliek op die skakels om die oefenprogramme oop te maak):

needlework-1080037_6404.  Ander Aktiwiteite

Is daar enige aktiwiteit waarmee jy nog besig is en waarmee jy vandag wil voortgaan?  Maak seker dat jy weer ten minste een sosiale aktiwiteit vandag doen.  Doen ook weer ander aktiwiteite soos jy lus voel en/of met die doel om jou persoonlike doelwitte te bereik.

Maak 'n opmerking

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui