Tag Archives: dieet

Waarheen dan met PPIs (protonpomp-inhibitore)?

Die artikel oor die langtermyngebruik van protonpomp-inhibitore (handelsname sluit in Altosec, Losec, Nexium, Omez en vele meer) het heelwat navrae uitgelok.  Ek gee graag meer inligting daaroor. Die maag is as’t ware die hekwag van die hele dermkanaal en reguleer dus ‘n groot aantal van die aksies in die dermkanaal.   Ons het maagsuur vir ‘n goeie… Read More »

Uitnodiging tot Dok Francois se lewenstylprogram

Let wel:  Dokter Retief het voorlopig genoeg deelnemers vir sy lewenstylprogram.  Dankie aan almal wat hulle tuisevaluasies ingestuur het en deelgeneem het.  Verdere deelnemers sal nie betrek kan word by die program nie. Die behoud van ons gesondheid lê aan die basis van alle vorms van lewenskwaliteit. Dit kan vir ons baie produktiewe en genotvolle… Read More »

Vitamien D

Ons sien deesdae onverwags Vitamien D-tekorte in gesonde sowel as siek mense. Vitamien D (Vit D) bestaan in 2 vorms wat beide noodsaaklik is, veral vir gesonde beengroei. Vit. D 2 (ergocalciferol) is ‘ n vetoplosbare vitamien wat voorkom in dierlike vette, volroom suiwel en plantvette. Dit is veral volop in vis en visolie. Vit… Read More »

Kunsmatige versoeters? Nee!

Dokter Retief is nie ten gunste van die gebruik van kunsmatige versoeters – soos aspartame, sucralose en saccharin – nie, soos genoem in sy artikel Hoe bly ‘n mens gesond? Daar word deesdae meer en meer inligting gepubliseer oor die invloed wat kunsmatige versoeters op die liggaam het. Hier is ‘n interessante artikel waarin bespiegel… Read More »

Proteïen/koolhidraat kontroversie in die diabetiese dieet

Die bekende sportfisioloog Prof Tim Noakes was onlangs in die nuus nadat hy in sy nuwe boek, “Challenging beliefs”, ‘n siening gepubliseer het waarin afgewyk word van die gewone dieetvoorskrif wat ons aan diabete gee. Die gewone benadering is dat die grootste deel van ‘n diabeet se daaglikse inname koolhidraat-gebaseerd moet wees (bv. soos in… Read More »

Glutensensitiwiteit en seliaksiekte

Glutensensitiwiteit is deesdae dikwels in die nuus en heelwat mense wat van mening is dat hulle daaraan ly skakel gluten uit hulle dieet – dikwels sonder dat ‘n definitiewe diagnose eers gemaak is. Gluten kom in talle van ons stapelvoedsels voor en dis moeilik om gluten volledig uit te skakel. Waaroor gaan dit regtig? Glutensensitiwiteit… Read More »

Hipertensie (Hoë bloeddruk)

Hipertensie (hoë bloeddruk) word in seker 95% van gevalle toegeskryf aan die kombinasie van ‘n genetiese geneigdheid tot die toestand, en lewenstylfaktore wat lei tot ‘n verhoging in bloeddruk.  Laasgenoemde sluit in stres-sensitiwiteit, te veel sout in die kos, te min kalium- en kalsiuminname en ‘n gebrek aan fisieke oefening.  Hoë bloeddruk kom baie dikwels… Read More »