Tag Archives: Oefening

Balans- en strekoefeninge

Balansoefeninge, strekke en soepelheids-oefeninge help om spiere en gewrigte in hulle volle omvang te gebruik, en die styfheid van die ouderdom teen te werk. Daar is n hele verskeidenheid van krag-, strek- en balansoefeninge wat jy kan doen, afhangende van jou fiksheidsvlak en hoe jy voel.  Beplan om elke dag ‘n vorm van fisieke aktiwiteit… Read More »

Reeks oor pyn – Deel 3: Chroniese pyn – die rol van chroniese inflammasie

Die eerste twee artikels in hierdie reeks, geskryf deur Carin Smit*, kan hier gelees word: Deel 1: Wat is pyn? Deel 2: Akute pyn Chroniese pyn: die rol van chroniese inflammasie Chroniese inflammasie lei nie net tot baie ernstige siektetoestande nie, maar dit lyk ook of dit ‘n baie belangrike rol speel in verskeie chroniese pyntoestande… Read More »

Waarheen dan met PPIs (protonpomp-inhibitore)?

Die artikel oor die langtermyngebruik van protonpomp-inhibitore (handelsname sluit in Altosec, Losec, Nexium, Omez en vele meer) het heelwat navrae uitgelok.  Ek gee graag meer inligting daaroor. Die maag is as’t ware die hekwag van die hele dermkanaal en reguleer dus ‘n groot aantal van die aksies in die dermkanaal.   Ons het maagsuur vir ‘n goeie… Read More »

Alzheimer se siekte: Navorsing oor voorkoming en behandeling

In “Die Burger” van 10 Mei 2017 skryf Dr Heinz Mödler oor die baie aktuele probleem van Alzheimer se siekte (bl. 11).  Sommige vroeë tekens daarvan word genoem, insluitende agteruitgang in taalgebruik en persoonlike versorging, die neiging om te verdwaal in voorheen bekende plekke, geheueverlies, ensovoorts. Hy noem ook dat alle navorsing oor medikasie om… Read More »

Tuisevaluasie: Hoe gesond is ek?

Hierdie artikel verduidelik hoe om ‘n tuisevaluasie te doen wat ‘n rowwe aanduiding sal gee van hoe gesond jy is. Gaan lees eerstens die Spesiale Bepalings en Voorwaardes vir insluiting op Dok Francois se lewenstylprogram. Mits jy die bepalings en voorwaardes aanvaar, mag jy die EVALUASIEVORM hier aflaai. Let wel:  Deur voort te gaan met die aflaai van hierdie… Read More »

Uitnodiging tot Dok Francois se lewenstylprogram

Let wel:  Dokter Retief het voorlopig genoeg deelnemers vir sy lewenstylprogram.  Dankie aan almal wat hulle tuisevaluasies ingestuur het en deelgeneem het.  Verdere deelnemers sal nie betrek kan word by die program nie. Die behoud van ons gesondheid lê aan die basis van alle vorms van lewenskwaliteit. Dit kan vir ons baie produktiewe en genotvolle… Read More »

Bekkenvloer-oefeninge vir die behandeling van inkontinensie

Die volgende oefeninge se doelwit is om die bekkenvloerspiere te versterk om blaasbeheer te verbeter, wat sodoende inkontinensie teëwerk. (Seksuele vermoëns baat ook sommer terselfdertyd!) Doen die oefeninge daagliks.  Doen meer herhalings vir vinniger resultate. 1. Knyp die bekkenvloerspiere styf (soos om uriene- vloei af te sluit) en hou vir 10 tellings terwyl jy stadig… Read More »

10 Beginsels van beter gesondheid

Ek het die inligting in hierdie artikel oor jare nagevors deur die lees van ‘n groot verskeidenheid wetenskaplike, sowel as mediese artikels. Ek het hierdie inligting in my mediese praktyk sowel as in my eie lewe gebruik en toegepas. Oor die jare het begrippe en menings baie verander, maar die beginsels wat ek hier noem… Read More »