Featured Article

Uitnodiging tot Dok Francois se lewenstylprogram

Die behoud van ons gesondheid lê aan die basis van alle vorms van lewenskwaliteit. Dit kan vir ons baie produktiewe en genotvolle jare bring.  Dit is ook ‘n vereiste vir finansiële welvaart. Gesondwees is tot ‘n groot mate ‘n besluit wat ‘n mens neem en soos met alle doelwitte verg dit beplanning oor die kort,… Read More »

Waarskuwing: Langtermyn Gebruik van Protonpompinhibitore (PPIs)

Die langtermyn gebruik van protonpompinhibitore (PPIs), ‘n medikasie teen sooibrand, is baie algemeen en mense drink dit soms jare lank as chroniese medikasie.  Hierdie pille (handelsname sluit in Altosec, Losec, Nexium, Omez en vele meer) is baie effektief.  Dit skakel in die meeste gevalle sooibrand uit deurdat dit die vorming van maagsuur belemmer deur die… Read More »

Spastiese Kolon / Prikkelbare Dermkanaalsindroom

Verreweg die meerderheid mense wat langdurige las het van maagpyn se probleem is te wyte aan ‘n spastiese kolon, of te wel prikkelbare dermkanaal- sindroom (PDK). Die maagpyn kan krampagtig wees, of brandend van aard; soms skerp steekpyne, of stadige krampe wat erger en dan weer beter word, soms ‘n dowwe aanhoudende pyn.  Die pyn voel… Read More »

Tuisevaluasie: Hoe gesond is ek?

Hierdie artikel verduidelik hoe om ‘n tuisevaluasie te doen wat ‘n rowwe aanduiding sal gee van hoe gesond jy is. Die evaluasie is spesifiek gemik op lesers wat wil deelneem aan Dok Francois se lewenstylprogram, soos verduidelik in hierdie artikel:  Uitnodiging tot Dok Francois se lewenstylprogram  Dit kan egter vir ander bloglesers ook van waarde… Read More »

Slaap-apnee: Oefen jou keelspiere

Daar is vantevore op die blog geskryf van slaap-apnee, die oorsake en hoe om dit beter te maak.  (Sien Slaap-apnee en Slaap-apnee: Praktiese Inligting.) Daar is ‘n e-boek, “The FREE Cure for Sleep Apnea: You can stop using CPAP” geskryf deur Paul Szilvasi, wat ‘n paar briljante oefeninge vir spesifiek die keel bied. Die volgende… Read More »

Bekkenvloer-oefeninge vir die behandeling van inkontinensie

Die volgende oefeninge se doelwit is om die bekkenvloerspiere te versterk om blaasbeheer te verbeter, wat sodoende inkontinensie teëwerk. (Seksuele vermoëns baat ook sommer terselfdertyd!) Doen die oefeninge daagliks.  Doen meer herhalings vir vinniger resultate. 1. Knyp die bekkenvloerspiere styf (soos om uriene- vloei af te sluit) en hou vir 10 tellings terwyl jy stadig… Read More »

Vitamien D

Ons sien deesdae onverwags Vitamien D-tekorte in gesonde sowel as siek mense. Vitamien D (Vit D) bestaan in 2 vorms wat beide noodsaaklik is, veral vir gesonde beengroei. Vit. D 2 (ergocalciferol) is ‘ n vetoplosbare vitamien wat voorkom in dierlike vette, volroom suiwel en plantvette. Dit is veral volop in vis en visolie. Vit… Read More »

Maagsere

Daar is verskillende soorte maagsere (let wel, nie ‘n “maagsweer”, soos sommige mense dink nie): Gastriese erosie of ulkus:  Beskadiging van die mukosa (maagslymvlies, maagvoering) in die maag self kan lyk soos ‘n ulkus (seerplek) of ‘n erosie (net ‘n klein barsie) en veroorsaak matige simptome van ongemak en eetlusverlies. Dit kom mees algemeen voor… Read More »

Kunsmatige versoeters? Nee!

Dokter Retief is nie ten gunste van die gebruik van kunsmatige versoeters – soos aspartame, sucralose en saccharin – nie, soos genoem in sy artikel Hoe bly ‘n mens gesond? Daar word deesdae meer en meer inligting gepubliseer oor die invloed wat kunsmatige versoeters op die liggaam het. Hier is ‘n interessante artikel waarin bespiegel… Read More »