Bepalings en Voorwaardes van Gebruik

In order to view these Terms and Conditions in English, click here.

BELANGRIK – LEES EERS HIERDIE BEPALINGS EN VOORWAARDES MET AANDAG DEUR.  DEUR VOORT TE GAAN MET DIE LEES OF GEBRUIK VAN HIERDIE “BLOG” GEE U AS GEBRUIKER TOESTEMMING OM GEBONDE TE WEES AAN DIE VOLGENDE BEPALINGS EN VOORWAARDES:

1. Bepalings en voorwaardes vir gebruik

Enige persoon wat hierdie “blog” gebruik is onderhewig aan en stem toe daaraan om gebonde te wees aan die bepalings en voorwaardes soos in hierdie vrywaringsdokument uiteengesit.  Indien enige gebruiker nie wens om aan die bepalings en voorwaardes soos wat in hierdie dokument vervat is gebonde te wees nie, mag so ‘n gebruiker nie hierdie “blog” lees, dit aflaai, vertoon, kopieer, versprei of op enige ander manier met hierdie “blog” of die inhoud van hierdie “blog” handel nie.

2. Bedoeling om deur meerderjariges gebruik te word

Hierdie “blog” is bedoel om deur meerderjarige persone gebruik te word en nie deur persone jonger as 18 jaar nie.  Deur hierdie blog te gebruik verklaar u dat u ouer as 18 jaar is.

3. Vrywaring

Hierdie “blog” stel slegs ten doel om ‘n hulpmiddel te wees vir doeleindes van informasie en opleiding en het dit nie ten doel om enige spesifieke mediese advies te verskaf nie.

Dr. Francois Jacobus Retief of enige van sy werknemers of enige van sy agente of enige ander outeur op hierdie “blog” (hierin verder verwys as “Dr. Francois Retief”) stel dit ten alle tye as doel om akkurate relevante asook die nuutste inligting oor onderwerpe wat behandel word te verskaf.   Hierdie “blog” moet egter nooit gebruik word as plaasvervanger vir behoorlike mediese advies van u mediese praktisyn nie.  Die ontvangs en gebruik van enige inligting wat op hierdie “blog” verskaf word stel dit nie ten doel om ‘n mediese praktisyns-pasiënt verhouding tussen Dr. Francois Retief en enige gebruiker van die “blog” teweeg te bring nie, en word daar inderdaad geen so verhouding geskep nie.

Moet onder geen omstandighede dit uitstel om mediese advies te soek by u dokter of professionele gesondheidsorgdeskundige, of die advies van u dokter of professionele gesondheidsorgdeskundige vermy  of verontagsaam as gevolg van enige iets wat u op hierdie “blog” gelees het nie

Dr. Francois Retief aanvaar nie die verantwoordelikheid as mediese praktisyn (of in enige ander hoedanigheid) vir enige persoon wat handel volgens die inligting soos verkry op hierdie “blog” nie.  Inligting, idees en opinies wat op hierdie “blog” verskaf word moet nooit gesien word as professionele advies vir enige spesifieke situasie nie.  Die gebruik van enige inhoud van hierdie “blog” is op u eie risiko.

Die inligting wat verskaf word of verkry kan word deur hierdie “blog” het dit ten doel om algemene inligting ten opsigte van sekere onderwerpe te verskaf en is nie ‘n volledige bespreking van enige sodanige onderwerp nie.

Die kommentaar wat op artikels gelewer word wat in hierdie “blog” verskyn is uitsluitlik die opinies van die individue wat kommentaar lewer.  Dr. Francois Retief ondersteun nie enige sodanige kommentaar nie, en keur dit ook nie spesifiek goed nie. Verder borg of kondoneer Dr. Francois Retief dit ook nie.  Enige inligting wat verskaf word op hierdie “blog” of as deel van enige kommentaar op hierdie “blog” is ook uitsluitlik op die gebruiker se eie risiko.

Dr. Francois Retief maak geen voorstellings of gee geen waarborge (stilswyend of andersins) dat, onder andere die inhoud of tegnologie beskikbaar op hierdie “blog” vry is van enige foute of weglatings of dat die diens 100% sonder onderbrekings of sonder enige foute sal wees nie of aan enige spesifieke standaarde van kwaliteit sal voldoen nie.

Sekere skakels (‘links’) of advertensies op hierdie “blog” verwys of lei na ander hulpmiddels (bv. webwerwe of ander “blogs”) wat deur derde partye onderhou word en waaroor Dr. Francois Retief geen kontrole of beheer het nie.  Hy maak geen voorstellings of waarborge ten opsigte van enige inligting daarop of enige ander aspek wat verband hou met hierdie hulpmiddels nie.

Dr Francois Retief mag van tyd tot tyd vrae beantwoord wat op die “blog” gevra word.  Daar is geen verpligting op hom om inderdaad enige vrae te beantwoord of om dit dan binne enige spesifieke tydsraamwerk of op enige manier te beantwoord nie.  Hy sal op geen manier aanspreeklik gehou word vir enige versuim om ‘n vraag te beantwoord of om dit binne ‘n sekere tydsraamwerk of op enige sekere manier te beantwoord nie.  Enige advies wat op hierdie manier verkry word is ook op die gebruiker se eie risiko.

 4. “ Hyperlinks”

Vir u gerief mag Dr. Francois Retief “hyperlinks” insluit na webwerwe op die Internet wat deur derde partye besit of bestuur word.  Sulke geskakelde webwerwe is nie onder die beheer van Dr. Francois Retief nie, en hy kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir die inhoud daarvan of vir enige gevolge daarvan om enige geskakelde webwerf te besoek nie.  Dr. Francois Retief waarborg of onderskryf geen sodanige ‘hyperlinks’ of enige inligting daarop nie en gaan ook nie die inligting daarop noukeurig na nie.  U stem toe dat u toegang of gebruik van sulke geskakelde webwerwe of ‘hyperlinks’ heeltemal op u eie risiko is en onderhewig aan die bepalings en voorwaardes wat daarin vervat word.

5. Uitsluiting van aanspreeklikheid

Hierdie “blog” word beskikbaar gestel vir algemene gebruik op die basis dat Dr. Francois Retief tot die mate wat enige wet daartoe voorsiening maak enige aanspreeklikheid van enige aard uitsluit vir enige skade of verlies wat gelei word voortspruitend uit enige gebruik van hierdie “blog” of as gevolg van enige vertroue op die inhoud van hierdie “blog”.  U gebruik hierdie “blog” heeltemal op u eie risiko.

 6. Ons adres vir enige wetlike kennisgewings of korrespondensie in verband met hierdie “blog” is:

Ryk Tulbagh straat 7, Mosselbaai, verwysing SMI81/0001

 

7. Toepaslike wetgewing en jurisdiksie

Die gebruik van hierdie “blog” en enige dispuut wat onstaan as gevolg daarvan is onderhewig aan die wette van die Republiek van Suid-Afrika en die uitsluitlike jurisdiksie van die howe van die Republiek van Suid-Afrika.

8. Afstanddoening en deelbaarheid

Die bepalings en voorwaardes in hierdie dokument verwat beliggaam die gehele professionele of andersydse verhouding tussen Dr. Francois Retief en enige gebruiker van hierdie “blog”.  Enige versuim deur Dr. Francois Retief om enige reg of bepaling waarvoor daar hierin voorsiening gemaak word af te dwing sal onder geen omstandighede as ‘n afstanddoening van so ‘n reg of bepaling gesien word nie.  Indien enige voorwaarde of bepaling van die gebruik van hierdie “blog” vir enige rede nie ten volle afdwingbaar of regsgeldig bevind word nie, sal sodanige voorwaarde of bepaling deelbaar wees van die oorblywende bepalings en voorwaardes.  Die oorblywende bepalings en voorwaardes se afdwingbaarheid of regsgeldigheid sal nie daardeur geaffekteer word nie.

 9. Opdatering en wysigings van hierdie bepalings en voorwaardes

Dr. Francois Retief behou die reg voor om van tyd tot tyd die geheel of dele van hierdie bepalings en voorwaardes te verander of  te wysig en ook om dele hiervan weg te neem of by te voeg.  Sodanige wysisings aan hierdie bepalings en voorwaardes sal in werking tree die oomblik wanneer sulke wysigins op hierdie “blog” aangebring word.  Dit is die gebruiker se verantwoordelikheid om van tyd tot tyd hierdie bepalings en voorwaardes na te gaan vir enige wysigings of opdaterings.  Die gebruiker se aangehoue gebruik van hierdie “blog” na enige wysigings aangebring is sal gesien word as toestemming deur die gebruiker om gebonde te wees aan hierdie bepalings en voorwaardes, insluitend enige wysigings of opdaterings.

 

One thought on “Bepalings en Voorwaardes van Gebruik

  1. Kobus en Marieta Reyneke

    Dankie vir al die inligting en die lesings wat ons kan bywoon, ons geniet dit baie.
    Groete
    Kobus en Marieta

    Reply

Maak 'n opmerking

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui