Dokter Francois Retief praktiseer as ‘n algemene internis en gastroënteroloog by die Life Bay View hospitaal in Mosselbaai.
Hy is ‘n groot voorstander van voorkomende geneeskunde en glo dat ‘n gesonde, aktiewe lewenstyl en die regte eetgewoontes die sleutel is tot ‘n lang en gelukkige lewe.
In sy vrye tyd volg Dok Francois sy eie raad. Gevolglik is hy ‘n bekende gesig op Mosselbaai se strate, wandelpaaie en strande. Hy gaan draf en swem gereeld saam met sy wolfhond, Zetta. Op sy bergfiets verken hy gereeld Mosselbaai se roetes. Hy is lief vir sy seekajak en op mooi oggende haal hy die dubbelkajak uit wanneer sy vrou, Dr Esther Retief, saam met hom gaan roei. Die egpaar is meer as 40 jaar getroud en het 5 kinders.
In sy blog spits hy hom toe op praktiese raad wat voortspruit uit ‘n mengsel van die nuutste navorsing, jare se ondervinding en ‘n gesonde dosis ‘common sense’. Die artikels beantwoord meestal vrae wat in sy praktyk herhaaldelik opduik.
Hy het sy MBChB by die Universiteit van Pretoria behaal, daarna MMed (Int) gedoen by UOVS (deesdae UFS); F.C.P. (SA); BScHons (SportWetenskap) by UCT; Dipl.Theologiae (Hugenote Kollege).
Dankie vir u duidelike en praktiese artikels. Ek waardeer u moeite daarmee.
Seënwense,
Chris Visser
Dankie vir die mooi terugvoer en vir die seënwense, Chris.
Alles wat mooi is daar ook.
was voorreg om julle beter te leer ken, sien uit om die blog te volg !
spesiaal baie dnki v al die tyd wat julle gister aan ons afgestaan het. Retief is positief en het voggend met die minste pyn in baie lang tyd opgestaan. hy is reg om die proef maand te begin met sy hele familie se ondersteuning. baie baie dankie ! spesiale blessings v Bo jle toegebid. grte marguerite
Baie beīndruk met al die goeie raad. Is daar nie so iets as ‘n “Standard Model” vir gesonde leefstyl?
Dok dankie vir die oproep , was lekker om met jou te praat en ek sal die blog lees en geniet , hoop om een v d dae te ontmoet . Ds Jakes.
Dr Retief het ‘n gesondheidsprobleem vir my opgelos waarmee ek vier jaar geworstel het en twee vorige onsuksesvolle presedures ondergaan het. Dit het my lewe oornag verander en ek kan nou weer ‘n normale lewe lei. Ek is hom baie dankbaar- ook vir sy baie vriendelike en menslike benadering.
dankie vir die verstaanbare artikel omtrent tuberkulose, , ek wil dit vir my huishulp gee .
dis nadene u het my verloofde mnr lockem behandel in bayview met sy suiker en albei sy groot tone wat al afgesit is,baie baie dankie vir al u hulp en raad.
Dok, dankie vir jou woorde van aansporing en inspirasie tydens my onlangse kuier in Bayview. Dit is awesome om n mens soos jy te ontmoet wie so passievol oor selfgenesing en voorkomende genesing is! Ek het beginne lees aan jou artikels en kdit is awesome, ek kan nie wag kom weer te gesels en saam te droom oor gesonde menswees nie! Groete Wynand Olivir
EK is self n proffesionele persoon, heng dr jy verduidelik dinge soos min , ek sal maar van kaapstad na u toe reis , baie baie dankie , groete andre ferreira
Dok ek was 2dae terugvoering jou patient.ysterman met longosteking wonder wat ter article moet ek lees
Ek het dit regtig waardeer ons gespre k
Ons in die suid-kaap is werklik geseen met so n wonderlike mens en word dit bewaarheid dat agter elke suksesvolle man is daar ook n besonderse vrou.
Jy is nog van die soort soos op die platteland se ‘ou dokter” wat impliseer jy weet byna alles, jy gee om, het impatie met jou pasiente, dwing respek af, en glo ons in jou
Baie dankie hoe u vir my gister behandel het en daagliks die ander pasiente, dus hoekom ons vir jou lief is,
Christo Kriek Heidelberg W.K.
Wat ‘n fonds! Ek soek al lank na mediese inligting wat ek kan vertrou, en hierdie blog lyk na presies dit! Baie dankie vir die baie relevante en verstaanbare artikels.
I have on occasions seen or even had the privilege of meeting up with and chatting with this amazing Dr. and his wife while both savoring the outdoors and fresh air our amazing town has to offer. This is a man of few words but those few are words of wisdom, passion and free advice. Thanks Doc. You are one in a million.
Dr Retief , ek wil graag die Hemelse Vader bedank vir die genade en voorreg wat Hy vir my gee het om Dr Francois Retief in my lewe te bring .
Baie dankie leon
Dit is al die 3de keer dat Dr Retief my behandel in Mosselbay. Beide kere het ek die ervaring van ‘n pa ervaar-wat werklik omgee en wat jou wil help om weer jouself te wees.
Met baie drs behandel hul jou in ‘n gejaag en gaan aan, maar tydens die tyd wat Dr Retief aan jou spandeer gaan dit jou-hy luister aandagtig. Dit is asof ‘n rustigheid oor mens neersak as dr Retief en sy vrou in jou kamer stap, want jy kry hoop vir genesing.
Dankie dokter dat dr ‘n fenominale dokter, ‘ n moed inprater ,omgee-“pa” ( vir die persone soos ek wat jonger is) is. Ek dank die Liewe Vader die meeste vir ‘n dokter soos dokter wat U vir ons geleen het om met Dokter se genesende hand (sy kennis, ervaring en menswees) die siekes gesondmaak en werklik omgee oor die persoon.
Dokter doen soveel meer as genesing!
Baie dankie