Tag Archives: Oefening

Insulienweerstandigheid en vervetting van die lewer (Steato-hepatose)

Een van die groot gesondheidsprobleme van ons tyd is dat ons vir onsself ‘n omgewing geskep het waarvoor ons liggame nie evolusionêr opgewasse is nie. Almal wat vandag lewe, is die nasate van die oorlewers van die verlede, en om te kon oorlewe, moes die liggaam in staat wees om vet te kan stoor.  Die… Read More: Insulienweerstandigheid en vervetting van die lewer (Steato-hepatose) »

Basiese wette

Ons liggame werk volgens en is onderhewig aan die basiese natuurwette, volgens suiwer wetenskaplike beginsels. Natuurwette soos die wette van swaartekrag, osmose, termo-dinamika, fisiese (bv. Boyle se wette vir die longe, Pascal se wette vir die bloedsirkulasie, ens. ens.) en chemiese beginsels (die chemiese reaksies van sure en alkalieë in die liggaam, die uitruiling van… Read More: Basiese wette »

Wenke vir ‘n geslaagde oefenprogram en meer aktiewe lewe

Baie mense assosieër oefening met die gesegde:  “No Pain, No Gain”.  In werklik sal enige aktiwiteit wat jou vinniger laat asemhaal en jou hart vinniger laat klop jou goed doen. Daar is ‘n groot verskeidenheid maniere om te oefen.  Soms moet ‘n mens net kreatief wees in jou soeke na ‘n vorm van oefening wat… Read More: Wenke vir ‘n geslaagde oefenprogram en meer aktiewe lewe »

Voordele van oefening

Ons word daagliks uit verskillende oorde bewus gemaak van die feit dat ‘n aktiewe lewenstyl voordelig is. Sommige groot maatskappye wat mediese fondse en lewensdekking verskaf, beloon lede wat gereeld oefen met kontantterugbetalings en verlaagde premies.  Die geld wat hierdie maatskappye spandeer op hierdie initiatiewe is niks in vergelyking met die geld wat hulle spaar… Read More: Voordele van oefening »

Hipertensie (Hoë bloeddruk)

Hipertensie (hoë bloeddruk) word in seker 95% van gevalle toegeskryf aan die kombinasie van ‘n genetiese geneigdheid tot die toestand, en lewenstylfaktore wat lei tot ‘n verhoging in bloeddruk.  Laasgenoemde sluit in stres-sensitiwiteit, te veel sout in die kos, te min kalium- en kalsiuminname en ‘n gebrek aan fisieke oefening.  Hoë bloeddruk kom baie dikwels… Read More: Hipertensie (Hoë bloeddruk) »

Hartomleidings en Angioplastiek (“stents”)

Angioplastiek (“stents”), wat ‘n meganiese oplossing vir koronêre hartsiekte probeer bied is ongelukkig nie so suksesvol as wat ‘n mens sou hoop en as wat dikwels geglo word nie. Oefening daarenteen veroorsaak dat degenerasie van die bloedvatwande beperk word of selfs verbeter. Konstante, volgehoue oefening het dus ‘n beter effek op die verligting van angina… Read More: Hartomleidings en Angioplastiek (“stents”) »

Artritis en Osteo-artrose

Van die lastigste, pynlikste en mees debiliterende chroniese siektetoestande by ouer wordende mense is osteo-artrose en osteo-atritis. Wat is dit en wat kan ons daaraan doen? Osteo-artrose is primêr ‘n degeneratiewe siekte van die kraakbeen wat die gewrigoppervlaktes belyn. Verder veroorsaak dit veranderinge in die been self, rondom die gewrigte, wat lei tot totale verval… Read More: Artritis en Osteo-artrose »

Alzheimer se siekte

Alzheimer se siekte is die mees algemene vorm van  demensie  (kranksinnigheid) by mense ouer as 55 jaar, en alhoeweldit in uitsonderlike gevalle reeds in die veertigerjare kan begin, ontstaan dit gewoonlik eers heelwat later, met ‘n gemiddelde aankoms van 70 jaar.  Dis ‘n komplekse genetiese siektetoestand waar meer as een genetiese mutasie asook omgewingsfaktore ‘n rol… Read More: Alzheimer se siekte »