Category Archives: Mikrobioom

Het probiotika regtig waarde?

Probiotika het een van die gonswoorde van ons tyd geword. Soos wat die mikrobioom en die rol wat dit in ons gesondheid speel al meer nagevors word, is die weg gebaan vir nog ‘n foefie om sy kop uit te steek, en dit is die gebruik van probiotika  (“goeie” dermflora) in pilvorm, in die hoop… Read More: Het probiotika regtig waarde? »

Waarskuwing: Langtermyn Gebruik van Protonpomp-inhibitore (PPIs)

Die langtermyn gebruik van protonpomp-inhibitore (PPIs), ‘n medikasie teen sooibrand, is baie algemeen en mense drink dit soms jare lank as chroniese medikasie.  Hierdie pille (handelsname sluit in Altosec, Losec, Nexium, Omez en vele meer) is baie effektief.  Dit skakel in die meeste gevalle sooibrand uit deurdat dit die vorming van maagsuur belemmer deur die… Read More: Waarskuwing: Langtermyn Gebruik van Protonpomp-inhibitore (PPIs) »

Helicobacter pylori: Die “Kiem” in die maag

Helicobacter pylori (H. pylori) is ‘n bakterie wat reeds eeue lank in die mens se dermkanaal teenwoordig is en dit vorm dus deel van die menslike mikrobioom. Die belang van H. pylori vir die pasiënt is dat, indien die pasiënt ‘n chroniese duodenale ulkus (‘n tipe “maagseer”) het, hierdie ulkus nie sal genees tensy die… Read More: Helicobacter pylori: Die “Kiem” in die maag »

Kunsmatige versoeters? Nee!

Dokter Retief is nie ten gunste van die gebruik van kunsmatige versoeters – soos aspartame, sucralose en saccharin – nie, soos genoem in sy artikel Hoe bly ‘n mens gesond? Daar word deesdae meer en meer inligting gepubliseer oor die invloed wat kunsmatige versoeters op die liggaam het. Hier is ‘n interessante artikel waarin bespiegel… Read More: Kunsmatige versoeters? Nee! »

10 Wetenskaplike beginsels van Gesondheid

Hierdie artikel gee ‘n perspektief op die wetenskap van gesondheid en die behoud daarvan, gesien teen nuwere navorsing  van die liggaam en die brein. Die wetenskap leer vir ons die volgende oor gesondheid: 1. Stamselle Stamselle is die oorspronklike multi-potensiale selle wat in alle embrio’s voorkom tydens die ontwikkelingsfase. Stamselle is steeds by volwassenes in… Read More: 10 Wetenskaplike beginsels van Gesondheid »

Die gevare rondom die gebruik van antibiotika

Hoewel antibiotika onder die regte omstandighede ‘n wonderkuur is wat lewens kan red, het dit newe-effekte en moet die impak van ‘n kursus antibiotika op die mikrobioom nie gering geskat word nie. Antibiotika is kragteloos teen virale infeksies en moet slegs vir bakteriële infeksies gebruik word. Onoordeelkundige gebruik van antibiotika kan weerstandigheid teen hierdie middels… Read More: Die gevare rondom die gebruik van antibiotika »

Die Mikrobioom: Ons eie ekosisteem

Mikro-organismes in die dermkanaal en hoe dit ons gesondheid beïnvloed Hoe meer ons te wete kom van die liggaam en sy siektetoestande, hoe duideliker raak dit dat ‘n verskeidenheid van siektes aan dieselfde oorsake toegeskryf kan word. Een van die huidige belangstellingsvelde is die rol wat die mikrobioom (die ekologiese balans van die mikro-organismes) van… Read More: Die Mikrobioom: Ons eie ekosisteem »