Category Archives: Kanker

Ondersoeke vir maag- en dermkanaalsiektes

‘n Groot verskeidenheid simptome en siektes setel in die dermkanaal, en die ondersoek hiervan sluit ‘n wye verskeidenheid diagnostiese velde in. Die wegspringplek is altyd om te luister na die pasiënt se beskrywing van presies hoe die probleem beskryf word.  Dan volg ‘n gewone fiesiese ondersoek, en op grond hiervan sal die dokter besluit watter… Read More: Ondersoeke vir maag- en dermkanaalsiektes »

Maagsere

Daar is verskillende soorte maagsere (let wel, nie ‘n “maagsweer”, soos sommige mense dink nie): Gastriese erosie of ulkus:  Beskadiging van die mukosa (maagslymvlies, maagvoering) in die maag self kan lyk soos ‘n ulkus (seerplek) of ‘n erosie (net ‘n klein barsie) en veroorsaak matige simptome van ongemak en eetlusverlies. Dit kom mees algemeen voor… Read More: Maagsere »

Hormoonvervangingsterapie na die Menopouse

Hormoonvervangingsterapie (HRT=hormone replacement therapy) word baie algemeen voorgeskryf met baie goeie resultate. Daar is egter vir baie jare reeds kontroversie oor die wenslikheid daarvan en of die voordele die gevare oortref. Sommige mense is van mening dat daar nie nut is daarin om hormoonterapie te gee wanneer ‘n vrou se voortplantingsjare verby is nie, of… Read More: Hormoonvervangingsterapie na die Menopouse »

Die Mikrobioom: Ons eie ekosisteem

Mikro-organismes in die dermkanaal en hoe dit ons gesondheid beïnvloed Hoe meer ons te wete kom van die liggaam en sy siektetoestande, hoe duideliker raak dit dat ‘n verskeidenheid van siektes aan dieselfde oorsake toegeskryf kan word. Een van die huidige belangstellingsvelde is die rol wat die mikrobioom (die ekologiese balans van die mikro-organismes) van… Read More: Die Mikrobioom: Ons eie ekosisteem »

Aspekte van Kankerbehandeling

In ‘n artikel wat verlede jaar in die New England Journal of Medicine gepubliseer is het ‘n navorsingsgroep in Massachusetts ‘n artikel gepubliseer wat die volgende bewys: by pasiënte wat onbehandelbare kankers het is dit van baie groot waarde om van vroeg reeds die pasiënte op simptomatiese behandeling te plaas om hulle lewenskwaliteit te verbeter… Read More: Aspekte van Kankerbehandeling »

Die metaboliese sindroom en tipe 2 diabetes

Die begrip “metabolies” het te doen met die wyse waarop die liggaam se energiestelsels werk (energie = brandstof, kragbronne wat die die selle en organe gebruik) Dit sluit in die tempo waarteen hulle hulle werk verrig en die afvalstowwe wat so geskep word. Indien jy enige 3 of meer van die volgende tekens en simptome… Read More: Die metaboliese sindroom en tipe 2 diabetes »