Category Archives: Hartsiektes

Reeks oor pyn – Deel 3: Chroniese pyn – die rol van chroniese inflammasie

Die eerste twee artikels in hierdie reeks, geskryf deur Carin Smit*, kan hier gelees word: Deel 1: Wat is pyn? Deel 2: Akute pyn Chroniese pyn: die rol van chroniese inflammasie Chroniese inflammasie lei nie net tot baie ernstige siektetoestande nie, maar dit lyk ook of dit ‘n baie belangrike rol speel in verskeie chroniese pyntoestande… Read More »

Hipertensie (Hoë bloeddruk)

Hipertensie (hoë bloeddruk) word in seker 95% van gevalle toegeskryf aan die kombinasie van ‘n genetiese geneigdheid tot die toestand, en lewenstylfaktore wat lei tot ‘n verhoging in bloeddruk.  Laasgenoemde sluit in stres-sensitiwiteit, te veel sout in die kos, te min kalium- en kalsiuminname en ‘n gebrek aan fisieke oefening.  Hoë bloeddruk kom baie dikwels… Read More »

Hormoonvervangingsterapie na die Menopouse

Hormoonvervangingsterapie (HRT=hormone replacement therapy) word baie algemeen voorgeskryf met baie goeie resultate. Daar is egter vir baie jare reeds kontroversie oor die wenslikheid daarvan en of die voordele die gevare oortref. Sommige mense is van mening dat daar nie nut is daarin om hormoonterapie te gee wanneer ‘n vrou se voortplantingsjare verby is nie, of… Read More »

Hartomleidings en Angioplastiek (“stents”)

Angioplastiek (“stents”), wat ‘n meganiese oplossing vir koronêre hartsiekte probeer bied is ongelukkig nie so suksesvol as wat ‘n mens sou hoop en as wat dikwels geglo word nie. Oefening daarenteen veroorsaak dat degenerasie van die bloedvatwande beperk word of selfs verbeter. Konstante, volgehoue oefening het dus ‘n beter effek op die verligting van angina… Read More »

Familiële Hoë Cholesterol en die rol van die Lipogram

Familiële of oorerflike hoë cholesterol is nie net een siektetoestand nie, maar bestaan uit ‘n wye spektrum genetiese afwykings wat van ons Hollandse voorsate afkomstig is. Enige een van die bloedvetkomponente afsonderlik, of ‘n kombinasie daarvan, kan verhoog wees. Onthou dat cholesterol nie ‘n vloekwoord is nie: dis ‘n essensiële bestanddeel van selwande, speel ‘n… Read More »

Erektiele Disfunksie (ED) en Impotensie

Graag benader ek hierdie onderwerp uit die oogpunt van algemene gesondheid. Ouer mans begin bekommerd raak oor gesondheid, en veral oor die hart. Onlangse navorsing leer dat daar gemiddeld 19 maande verloop tussen die verskyning van impotensie en die eerste hartaanval. Is dit waar? Ek sien meer mans wat bewus geraak het van die gegewens… Read More »