Category Archives: Infeksie

Koors is jou vriend

Die artikel wat hier volg, is ‘n vertaling van ‘n artikel deur Professor Paul A. Offit, professor in Pediatrie en Direkteur van die Opvoedkundige Sentrum vir  Inentings, Children’s Hospital, Philadelphia, VSA.  Die oorspronklike artikel is The Case for Letting Fevers Run Their Course. Koors is nie ‘n siekte nie.  Dit is die liggaam se manier om… Read More: Koors is jou vriend »

Mediese simptome van stres

‘n Oormaat stres manifesteer in die liggaam as duidelik waarneembare fisieke simptome en kliniese tekens.  Dis ‘n wanopvatting dat stres net ‘n gedagteproses of “in die kop sit” –  dis slegs ‘n deel van die storie. Alle stres is ook nie nadelig nie.  Positiewe stres = opwinding = uitdaging en dit aktiveer ‘n mens om… Read More: Mediese simptome van stres »

Blaasinfeksies

Blaasinfeksie (sistitis) is ‘n lastige en algemene probleem wat meer by vroue voorkom, en veral meer algemeen is tydens swangerskap.  Die simptome is: frekwensie (dikwels urineer) disurie (urine wat brand) en laer buikpyn. Dis ook algemeen by bejaardes wat inkontinent is en permanent ‘n doek aan het. In sulke gevalle is die pasiënt dikwels nie… Read More: Blaasinfeksies »

Tuberkulose (TB)

Tuberkulose is baie algemeen in Suid-Afrika, maar hoe raak dit my? (Sien ook “My kinderoppasser het TB – wat nou?!”. Tuberkulose is ‘n infektiewe siekte wat baie algemeen voorkom, en wat dodelik kan wees indien dit nie doeltreffend behandel word nie. Ongeveer ‘n derde van die totale wêreldbevolking is met tuberkulose besmet, en die omvang… Read More: Tuberkulose (TB) »

Die gevare rondom die gebruik van antibiotika

Hoewel antibiotika onder die regte omstandighede ‘n wonderkuur is wat lewens kan red, het dit newe-effekte en moet die impak van ‘n kursus antibiotika op die mikrobioom nie gering geskat word nie. Antibiotika is kragteloos teen virale infeksies en moet slegs vir bakteriële infeksies gebruik word. Onoordeelkundige gebruik van antibiotika kan weerstandigheid teen hierdie middels… Read More: Die gevare rondom die gebruik van antibiotika »