Author Archives: admin

HOU OP ROOK!

Rokers kan hierdie gesondheidsvoordele verwag wanneer hulle ophou met rook: Binne 20 minute: bloeddruk en polstempo laer (stimulasie-effek uitgewerk) Binne 12 uur: die koolstofmonoksied-inhoud van die bloed verminder. Binne 1 tot 9 maande: bloedsirkulasie verbeter; aterosklerose verstadig; longfunksie verbeter. Na 1 jaar: hoes en kortasemheid verminder; die cilia (klein sweephaartjies in die lugbuise) begin normaliseer… Read More »

Hormoonvervangingsterapie na die Menopouse

Hormoonvervangingsterapie (HRT=hormone replacement therapy) word baie algemeen voorgeskryf met baie goeie resultate. Daar is egter vir baie jare reeds kontroversie oor die wenslikheid daarvan en of die voordele die gevare oortref. Sommige mense is van mening dat daar nie nut is daarin om hormoonterapie te gee wanneer ‘n vrou se voortplantingsjare verby is nie, of… Read More »

Hartomleidings en Angioplastiek (“stents”)

Angioplastiek (“stents”), wat ‘n meganiese oplossing vir koronêre hartsiekte probeer bied is ongelukkig nie so suksesvol as wat ‘n mens sou hoop en as wat dikwels geglo word nie. Oefening daarenteen veroorsaak dat degenerasie van die bloedvatwande beperk word of selfs verbeter. Konstante, volgehoue oefening het dus ‘n beter effek op die verligting van angina… Read More »

Die gevare rondom die gebruik van antibiotika

Hoewel antibiotika onder die regte omstandighede ‘n wonderkuur is wat lewens kan red, het dit newe-effekte en moet die impak van ‘n kursus antibiotika op die mikrobioom nie gering geskat word nie. Antibiotika is kragteloos teen virale infeksies en moet slegs vir bakteriële infeksies gebruik word. Onoordeelkundige gebruik van antibiotika kan weerstandigheid teen hierdie middels… Read More »

Artritis en Osteo-artrose

Van die lastigste, pynlikste en mees debiliterende chroniese siektetoestande by ouer wordende mense is osteo-artrose en osteo-atritis. Wat is dit en wat kan ons daaraan doen? Osteo-artrose is primêr ‘n degeneratiewe siekte van die kraakbeen wat die gewrigoppervlaktes belyn. Verder veroorsaak dit veranderinge in die been self, rondom die gewrigte, wat lei tot totale verval… Read More »

Die Mikrobioom: Ons eie ekosisteem

Mikro-organismes in die dermkanaal en hoe dit ons gesondheid beïnvloed Hoe meer ons te wete kom van die liggaam en sy siektetoestande, hoe duideliker raak dit dat ‘n verskeidenheid van siektes aan dieselfde oorsake toegeskryf kan word. Een van die huidige belangstellingsvelde is die rol wat die mikrobioom (die ekologiese balans van die mikro-organismes) van… Read More »

Familiële Hoë Cholesterol en die rol van die Lipogram

Familiële of oorerflike hoë cholesterol is nie net een siektetoestand nie, maar bestaan uit ‘n wye spektrum genetiese afwykings wat van ons Hollandse voorsate afkomstig is. Enige een van die bloedvetkomponente afsonderlik, of ‘n kombinasie daarvan, kan verhoog wees. Onthou dat cholesterol nie ‘n vloekwoord is nie: dis ‘n essensiële bestanddeel van selwande, speel ‘n… Read More »