HOU OP ROOK!

By | 28 Januarie 2013

Rokers kan hierdie gesondheidsvoordele verwag wanneer hulle ophou met rook:

  • Binne 20 minute: bloeddruk en polstempo laer (stimulasie-effek uitgewerk)
  • Binne 12 uur: die koolstofmonoksied-inhoud van die bloed verminder.
  • Binne 1 tot 9 maande: bloedsirkulasie verbeter; aterosklerose verstadig; longfunksie verbeter.
  • Na 1 jaar: hoes en kortasemheid verminder; die cilia (klein sweephaartjies in die lugbuise) begin normaliseer en kan weer slym uitvee en die longe skoonmaak; en die risiko van longinfeksies neem af. Geen verdere longskade vind plaas nie en emfiseem stabiliseer of kan verbeter.
  • Na 5 jaar: die addisionele risiko vir ‘n hartaanval is met die helfte verminder teenoor iemand wat aanhou rook; die risiko vir ‘n beroerte is binne 2 – 5 jaar dieselfde as vir ‘n nie-roker.
  • Na 10 jaar: die risiko vir kanker van die mond, keel, slukderm en blaas het gehalveer; servikskanker (kanker van die baarmoedermond) is dieselfde as die van ‘n nie-roker.
  • Na 15 jaar: die risko vir kanker van die stembande en pankreas verminder; die risiko vir longkanker is die helfte van die van iemand wat aanhou rook; die risiko vir ‘n hartaanval is dieselfde as vir ‘n nie-roker.

Interessante feite oor rook:

  • Rook vermoor ‘n derde tot die helfte van sy gebruikers: ‘n geskatte 5 miljoen rokers per jaar wêreldwyd en ‘n geprojekteerde syfer van een biljoen mense vir die 21ste eeu.
  • Rokers sterf gemiddeld 10 tot 15 jaar vroeër as hulle tydgenote.
  • Rook word geklassifiseer as ‘n reële dwelmverslawing, is ‘n wêreldwye, dodelike epidemie en word beskou as ‘n chroniese maar voorkombare siektetoestand.

(Verwysing: Tygerland: Nuustydskrif van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe van die Universiteit Stellenbosch; November 2012)
NoSmoking

Maak 'n opmerking

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui