Glutensensitiwiteit en seliaksiekte

Glutensensitiwiteit is deesdae dikwels in die nuus en heelwat mense wat van mening is dat hulle daaraan ly skakel gluten uit hulle dieet – dikwels sonder dat ‘n definitiewe diagnose eers gemaak is. Gluten kom in talle van ons stapelvoedsels voor en dis moeilik om gluten volledig uit te skakel. Waaroor gaan dit regtig? Glutensensitiwiteit… Read More: Glutensensitiwiteit en seliaksiekte »

Tuberkulose (TB)

Tuberkulose is baie algemeen in Suid-Afrika, maar hoe raak dit my? (Sien ook “My kinderoppasser het TB – wat nou?!”. Tuberkulose is ‘n infektiewe siekte wat baie algemeen voorkom, en wat dodelik kan wees indien dit nie doeltreffend behandel word nie. Ongeveer ‘n derde van die totale wêreldbevolking is met tuberkulose besmet, en die omvang… Read More: Tuberkulose (TB) »

Bloedklont in die long (Pulmonale embolus / Veneuse trombo-embolisme)

‘n Bloedklont in die long (pulmonale embolus) is ‘n ernstige siektetoestand en een van die oorsake van skielike dood.  Die  bloedklont ontstaan nie in die long self nie, maar kom gewoonlik van êrens anders in die liggaam, dikwels vanaf ‘n bloedklont wat gevorm het in die diep venes van die kuit of die bekken (diep… Read More: Bloedklont in die long (Pulmonale embolus / Veneuse trombo-embolisme) »

Wenke vir ‘n geslaagde oefenprogram en meer aktiewe lewe

Baie mense assosieër oefening met die gesegde:  “No Pain, No Gain”.  In werklik sal enige aktiwiteit wat jou vinniger laat asemhaal en jou hart vinniger laat klop jou goed doen. Daar is ‘n groot verskeidenheid maniere om te oefen.  Soms moet ‘n mens net kreatief wees in jou soeke na ‘n vorm van oefening wat… Read More: Wenke vir ‘n geslaagde oefenprogram en meer aktiewe lewe »

Voordele van oefening

Ons word daagliks uit verskillende oorde bewus gemaak van die feit dat ‘n aktiewe lewenstyl voordelig is. Sommige groot maatskappye wat mediese fondse en lewensdekking verskaf, beloon lede wat gereeld oefen met kontantterugbetalings en verlaagde premies.  Die geld wat hierdie maatskappye spandeer op hierdie initiatiewe is niks in vergelyking met die geld wat hulle spaar… Read More: Voordele van oefening »

Hipertensie (Hoë bloeddruk)

Hipertensie (hoë bloeddruk) word in seker 95% van gevalle toegeskryf aan die kombinasie van ‘n genetiese geneigdheid tot die toestand, en lewenstylfaktore wat lei tot ‘n verhoging in bloeddruk.  Laasgenoemde sluit in stres-sensitiwiteit, te veel sout in die kos, te min kalium- en kalsiuminname en ‘n gebrek aan fisieke oefening.  Hoë bloeddruk kom baie dikwels… Read More: Hipertensie (Hoë bloeddruk) »