Author Archives: admin

Ondersoeke vir maag- en dermkanaalsiektes

‘n Groot verskeidenheid simptome en siektes setel in die dermkanaal, en die ondersoek hiervan sluit ‘n wye verskeidenheid diagnostiese velde in. Die wegspringplek is altyd om te luister na die pasiënt se beskrywing van presies hoe die probleem beskryf word.  Dan volg ‘n gewone fiesiese ondersoek, en op grond hiervan sal die dokter besluit watter… Read More »

Waarheen dan met PPIs (protonpomp-inhibitore)?

Die artikel oor die langtermyngebruik van protonpomp-inhibitore (handelsname sluit in Altosec, Losec, Nexium, Omez en vele meer) het heelwat navrae uitgelok.  Ek gee graag meer inligting daaroor. Die maag is as’t ware die hekwag van die hele dermkanaal en reguleer dus ‘n groot aantal van die aksies in die dermkanaal.   Ons het maagsuur vir ‘n goeie… Read More »

Alzheimer se siekte: Navorsing oor voorkoming en behandeling

In “Die Burger” van 10 Mei 2017 skryf Dr Heinz Mödler oor die baie aktuele probleem van Alzheimer se siekte (bl. 11).  Sommige vroeë tekens daarvan word genoem, insluitende agteruitgang in taalgebruik en persoonlike versorging, die neiging om te verdwaal in voorheen bekende plekke, geheueverlies, ensovoorts. Hy noem ook dat alle navorsing oor medikasie om… Read More »

Die Beginsels waarvolgens die Liggaam funksioneer

Mense dink dikwels aan hulleself as ‘n kombinasie van individuele organe en verloor die breë prentjie van hoe ons fantastiese liggame werklik funksioneer, uit die oog.  Geen orgaan funksioneer onafhanklik nie en geen siektetoestand bestaan in isolasie nie.  Die liggaam is die beste voorbeeld van ‘n interafhanklike stelsel – ‘n volmaakte ekosisteem.  Alle dele waaruit… Read More »

Ulseratiewe Kolitis en Crohn se siekte

UK is deel van ‘n groep siektetoestande wat inflammatoriese dermkanaalsiektes (IBD – ‘Inflammatory Bowel Disease’) genoem word. Die ander tipe is Crohn se siekte. Let op dat, as jy op die internet oor hierdie siektes oplees,  die afkorting IBD gebruik word vir hierdie inflammatoriese dermkanaalsiektes, en dat IBD geen verband het met die afkorting IBS… Read More »

Waarskuwing: Langtermyn Gebruik van Protonpomp-inhibitore (PPIs)

Die langtermyn gebruik van protonpomp-inhibitore (PPIs), ‘n medikasie teen sooibrand, is baie algemeen en mense drink dit soms jare lank as chroniese medikasie.  Hierdie pille (handelsname sluit in Altosec, Losec, Nexium, Omez en vele meer) is baie effektief.  Dit skakel in die meeste gevalle sooibrand uit deurdat dit die vorming van maagsuur belemmer deur die… Read More »

Spastiese Kolon / Prikkelbare Dermkanaalsindroom

Verreweg die meerderheid mense wat langdurige las het van maagpyn se probleem is te wyte aan ‘n spastiese kolon, of te wel prikkelbare dermkanaal- sindroom (PDK). Die maagpyn kan krampagtig wees, of brandend van aard; soms skerp steekpyne, of stadige krampe wat erger en dan weer beter word, soms ‘n dowwe aanhoudende pyn.  Die pyn voel… Read More »

Tuisevaluasie: Hoe gesond is ek?

Hierdie artikel verduidelik hoe om ‘n tuisevaluasie te doen wat ‘n rowwe aanduiding sal gee van hoe gesond jy is. Gaan lees eerstens die Spesiale Bepalings en Voorwaardes vir insluiting op Dok Francois se lewenstylprogram. Mits jy die bepalings en voorwaardes aanvaar, mag jy die EVALUASIEVORM hier aflaai. Let wel:  Deur voort te gaan met die aflaai van hierdie… Read More »

Uitnodiging tot Dok Francois se lewenstylprogram

Let wel:  Dokter Retief het voorlopig genoeg deelnemers vir sy lewenstylprogram.  Dankie aan almal wat hulle tuisevaluasies ingestuur het en deelgeneem het.  Verdere deelnemers sal nie betrek kan word by die program nie. Die behoud van ons gesondheid lê aan die basis van alle vorms van lewenskwaliteit. Dit kan vir ons baie produktiewe en genotvolle… Read More »