Bekkenvloer-oefeninge vir die behandeling van inkontinensie

Die volgende oefeninge se doelwit is om die bekkenvloerspiere te versterk om blaasbeheer te verbeter, wat sodoende inkontinensie teëwerk. (Seksuele vermoëns baat ook sommer terselfdertyd!) Doen die oefeninge daagliks.  Doen meer herhalings vir vinniger resultate. 1. Knyp die bekkenvloerspiere styf (soos om uriene- vloei af te sluit) en hou vir 10 tellings terwyl jy stadig… Read More: Bekkenvloer-oefeninge vir die behandeling van inkontinensie »

Vitamien D

Ons sien deesdae onverwags Vitamien D-tekorte in gesonde sowel as siek mense. Vitamien D (Vit D) bestaan in 2 vorms wat beide noodsaaklik is, veral vir gesonde beengroei. Vit. D 2 (ergocalciferol) is ‘ n vetoplosbare vitamien wat voorkom in dierlike vette, volroom suiwel en plantvette. Dit is veral volop in vis en visolie. Vit… Read More: Vitamien D »

Maagsere

Daar is verskillende soorte maagsere (let wel, nie ‘n “maagsweer”, soos sommige mense dink nie): Gastriese erosie of ulkus:  Beskadiging van die mukosa (maagslymvlies, maagvoering) in die maag self kan lyk soos ‘n ulkus (seerplek) of ‘n erosie (net ‘n klein barsie) en veroorsaak matige simptome van ongemak en eetlusverlies. Dit kom mees algemeen voor… Read More: Maagsere »

Helicobacter pylori: Die “Kiem” in die maag

Helicobacter pylori (H. pylori) is ‘n bakterie wat reeds eeue lank in die mens se dermkanaal teenwoordig is en dit vorm dus deel van die menslike mikrobioom. Die belang van H. pylori vir die pasiënt is dat, indien die pasiënt ‘n chroniese duodenale ulkus (‘n tipe “maagseer”) het, hierdie ulkus nie sal genees tensy die… Read More: Helicobacter pylori: Die “Kiem” in die maag »

Kunsmatige versoeters? Nee!

Dokter Retief is nie ten gunste van die gebruik van kunsmatige versoeters – soos aspartame, sucralose en saccharin – nie, soos genoem in sy artikel Hoe bly ‘n mens gesond? Daar word deesdae meer en meer inligting gepubliseer oor die invloed wat kunsmatige versoeters op die liggaam het. Hier is ‘n interessante artikel waarin bespiegel… Read More: Kunsmatige versoeters? Nee! »

10 Beginsels van beter gesondheid

Ek het die inligting in hierdie artikel oor jare nagevors deur die lees van ‘n groot verskeidenheid wetenskaplike, sowel as mediese artikels. Ek het hierdie inligting in my mediese praktyk sowel as in my eie lewe gebruik en toegepas. Oor die jare het begrippe en menings baie verander, maar die beginsels wat ek hier noem… Read More: 10 Beginsels van beter gesondheid »

Leer jou kind gesond eet: Deel 2 – Praktiese wenke

Kinders moet geleer word om gesond te eet. Hulle kry dit ongelukkig oor die algemeen vanself reg om hulself vol te prop met ongesonde lekkernye, of hulle nou honger is of nie! (Hier is ‘n studie daaroor.) Die vorige artikel (Deel 1) het bespreek hoe geweldig belangrik dit is om kinders gesonde eetgewoontes aan te… Read More: Leer jou kind gesond eet: Deel 2 – Praktiese wenke »

Leer jou kind gesond eet:  Deel 1

Ouers ontsien dikwels geen tyd, geld of moeite om hulle kinders die beste geleenthede in die lewe te gee nie.  Tussen al die indrukwekkende babatoerusting, goed ingerigde skooltjies, musiekklassies, swemlesse, opvoedkundige speelgoed en vele ander voorregte, faal ons as samelewing egter ons kinders in ‘n geweldig belangrike opsig.  ‘n Skokkende hoeveelheid van ons kleuters, kinders… Read More: Leer jou kind gesond eet:  Deel 1 »

Mediese simptome van stres

‘n Oormaat stres manifesteer in die liggaam as duidelik waarneembare fisieke simptome en kliniese tekens.  Dis ‘n wanopvatting dat stres net ‘n gedagteproses of “in die kop sit” –  dis slegs ‘n deel van die storie. Alle stres is ook nie nadelig nie.  Positiewe stres = opwinding = uitdaging en dit aktiveer ‘n mens om… Read More: Mediese simptome van stres »