Die brein: Die bevelshoofkwartier

By | 1 Desember 2008

 Die brein:  Die bevelshoofkwartier
 
Wees veral versigtig met wat in jou hart (lees:  denkprosesse) omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.  Sp4:23.

Die brein bestaan uit ongeveer 100,000,000,000 neurone (dit is 100 biljoen),   elk met 100 0 sinapse,  wat die getal sinapse met potensiёle gedagtes op 100 triljoen bring.  Tussen die agtergrondstorms en geraas moet die “ek” (die bewussyn)  orde skep en gekoördineerd lewe.

Die jare 1995-2005 is as  die dekade van die brein verklaar,  en navorsing het met snelle skrede gevorder.  Een van die opspraakwekkende bevindings was die feit dat die brein baie meer “plasties” en vormbaar was as wat ons vermoed het. Die brein bevat ook ‘n hele kontigent stamselle wat gereed sit om onder die regte omstandighede nuwe skakels en stelsels te vorm.

Ons staan steeds verwonderd oor die uitsonderlike vermoё van die brein

Verskillende dele van die brein en ‘n kort opsomming van die funksie van elk:

  • Korteks (die buitenste sigbare deel van die brein met die baie voue en kronkels): denkprosesse, probleemoplossing, gedagtes, geheue, kreatiwiteit
  • Serebellum (die sg. “kleinbrein”): balans
  • Amygdala: onderskeid tussen lig en donker
  • Hipofise: die dirigent van die endokriene orkes wat beher uitoefen oor al die endokriene kliere (skildklier, byniere, ovaria, testes, groeihormoon ens.)

Regulatoriese sisteme in die brein:

  • Temperatuur
  • Lipostaat
  • Versadigingdrempel (eet)
  • Regulering van alle hormone 
  • Die volle beheer van die immuun stelsel met infeksie en kanker opsporing ook inflammasie.

‘n Voorbeeld is ‘n eksperiment wat by Universteit van Denver gedoen is, waar 13 pte met vratjies gekoöpteer is.  Hulle het onder suggestie vooorgestel dat die linker helfte vd liggaam se vratjies sal verdwyn,   wat inderdaad so gebeur het in 10 uit die 13. ( een person het deurmekaar geraak met links en regs en by hom het die regterkant se vratjies verdwyn!)

Neurotransmitters  (SENUWEE-OORDRAGSTOWWE)

Die brein bestaan uit twee helftes wat verskillende werkswyses het. Die dominante kant interpreter gebeure en is so daarop ingestel dat dit soms,  as inligting kortkom,  sover sal gaan om te konfabuleer (redes op te maak sonder dat dit noodwendig waar is).  Dit word gebruik om gesondheid te bevorder. Indien ek bv. sjokoade eet en ek voel goed daarvan,  kan die linkerbrein dit rasionaliseer op grond byvoorbeeld van sogenaamde lae suikervlakke ens., al is dit nie werklik so nie.   Indien die verklaring geglo word,  kan dit ook ‘n kragtige verskynsel nl.die placebo begrip aan die gang sit wat genesende effekte kan veroorsaak. Byvoorbeeld:  al drink ek net ‘n suikerpilletjie maar glo daarin (of dink dit is ‘n aktiewe pil) is daar bewyse dat tot 50% van geneesmiddel- effek hieraan toegeskryf kan word byvoorbeeld in pynverligting.

Tinnitus (suising of singgeluid in die ore) as voorbeeld:

In tinnitus verloor die oor sekere klanke,  dikwels as gevolg van desibel trouma ( klankskade wat volg op oorlogrumoer, baie harde musiek, nywerheidsgeraas  ens). Die brein sal die toonhoogtes mis en dan herkalibreer en opgradeer.  Die gesuis is al wat dan oorbly van die verlore klank. Die brein  kan  tevrede gestel word deur die verlore klank kunsmatig met versterking aan te vul tot die tinnitus verdwyn en die brein heropgelei is.

One thought on “Die brein: Die bevelshoofkwartier

  1. Ockie Marais

    Ek is absoluut mal daaroor om te lees oor die aspekte wat hier aangeraak is.
    Geseënde dag

    Reply

Maak 'n opmerking

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui