Maagsere

Daar is verskillende soorte maagsere (let wel, nie ‘n “maagsweer”, soos sommige mense dink nie): Gastriese erosie of ulkus:  Beskadiging van die mukosa (maagslymvlies, maagvoering) in die maag self kan lyk soos ‘n ulkus (seerplek) of ‘n erosie (net ‘n klein barsie) en veroorsaak matige simptome van ongemak en eetlusverlies. Dit kom mees algemeen voor… Read More »

Helicobacter pylori: Die “Kiem” in die maag

Helicobacter pylori (H. pylori) is ‘n bakterie wat reeds eeue lank in die mens se dermkanaal teenwoordig is en dit vorm dus deel van die menslike mikrobioom. Die belang van H. pylori vir die pasiënt is dat, indien die pasiënt ‘n chroniese duodenale ulkus (‘n tipe “maagseer”) het, hierdie ulkus nie sal genees tensy die… Read More »

Kunsmatige versoeters? Nee!

Dokter Retief is nie ten gunste van die gebruik van kunsmatige versoeters – soos aspartame, sucralose en saccharin – nie, soos genoem in sy artikel Hoe bly ‘n mens gesond? Daar word deesdae meer en meer inligting gepubliseer oor die invloed wat kunsmatige versoeters op die liggaam het. Hier is ‘n interessante artikel waarin bespiegel… Read More »

10 Beginsels van beter gesondheid

Ek het die inligting in hierdie artikel oor jare nagevors deur die lees van ‘n groot verskeidenheid wetenskaplike, sowel as mediese artikels. Ek het hierdie inligting in my mediese praktyk sowel as in my eie lewe gebruik en toegepas. Oor die jare het begrippe en menings baie verander, maar die beginsels wat ek hier noem… Read More »

Leer jou kind gesond eet: Deel 2 – Praktiese wenke

Kinders moet geleer word om gesond te eet. Hulle kry dit ongelukkig oor die algemeen vanself reg om hulself vol te prop met ongesonde lekkernye, of hulle nou honger is of nie! (Hier is ‘n studie daaroor.) Die vorige artikel (Deel 1) het bespreek hoe geweldig belangrik dit is om kinders gesonde eetgewoontes aan te… Read More »

Leer jou kind gesond eet:  Deel 1

Ouers ontsien dikwels geen tyd, geld of moeite om hulle kinders die beste geleenthede in die lewe te gee nie.  Tussen al die indrukwekkende babatoerusting, goed ingerigde skooltjies, musiekklassies, swemlesse, opvoedkundige speelgoed en vele ander voorregte, faal ons as samelewing egter ons kinders in ‘n geweldig belangrike opsig.  ‘n Skokkende hoeveelheid van ons kleuters, kinders… Read More »

Mediese simptome van stres

‘n Oormaat stres manifesteer in die liggaam as duidelik waarneembare fisieke simptome en kliniese tekens.  Dis ‘n wanopvatting dat stres net ‘n gedagteproses of “in die kop sit” –  dis slegs ‘n deel van die storie. Alle stres is ook nie nadelig nie.  Positiewe stres = opwinding = uitdaging en dit aktiveer ‘n mens om… Read More »

Eet minder sout!

Navorsing deur die Mediese Navorsingsraad in SA het bevind dat tot soveel as 7,400 sterftes per jaar voorkom kan word as die bevolking minder sout eet.  Die rede is dat daar ‘n direkte verband is tussen soutinname en hoë bloeddruk, wat ‘n voorloper is van hartaanvalle en beroertes  –  siekte wat ‘n groot finansiële las… Read More »

Sinusse en sinusitis

Die sinusse is deel van die mens se lugweë, dit wil sê dit is organe wat in verbinding is met die buitewêreld en wat te doen het met asemhaling.  Die sinusse werk saam met die neus .  Dit is  rondom die neus gegroepeer in die skedel, en is  uitgevoer met dieselfde soort slymvlies (mukosa) as die… Read More »