Category Archives: Diaree

Waarheen dan met PPIs (protonpomp-inhibitore)?

Die artikel oor die langtermyngebruik van protonpomp-inhibitore (handelsname sluit in Altosec, Losec, Nexium, Omez en vele meer) het heelwat navrae uitgelok.  Ek gee graag meer inligting daaroor. Die maag is as’t ware die hekwag van die hele dermkanaal en reguleer dus ‘n groot aantal van die aksies in die dermkanaal.   Ons het maagsuur vir ‘n goeie… Read More »

Ulseratiewe Kolitis en Crohn se siekte

UK is deel van ‘n groep siektetoestande wat inflammatoriese dermkanaalsiektes (IBD – ‘Inflammatory Bowel Disease’) genoem word. Die ander tipe is Crohn se siekte. Let op dat, as jy op die internet oor hierdie siektes oplees,  die afkorting IBD gebruik word vir hierdie inflammatoriese dermkanaalsiektes, en dat IBD geen verband het met die afkorting IBS… Read More »

Waarskuwing: Langtermyn Gebruik van Protonpomp-inhibitore (PPIs)

Die langtermyn gebruik van protonpomp-inhibitore (PPIs), ‘n medikasie teen sooibrand, is baie algemeen en mense drink dit soms jare lank as chroniese medikasie.  Hierdie pille (handelsname sluit in Altosec, Losec, Nexium, Omez en vele meer) is baie effektief.  Dit skakel in die meeste gevalle sooibrand uit deurdat dit die vorming van maagsuur belemmer deur die… Read More »

Spastiese Kolon / Prikkelbare Dermkanaalsindroom

Verreweg die meerderheid mense wat langdurige las het van maagpyn se probleem is te wyte aan ‘n spastiese kolon, of te wel prikkelbare dermkanaal- sindroom (PDK). Die maagpyn kan krampagtig wees, of brandend van aard; soms skerp steekpyne, of stadige krampe wat erger en dan weer beter word, soms ‘n dowwe aanhoudende pyn.  Die pyn voel… Read More »