Volg weer die basiese riglyne en dagprogram soos uiteengesit vir Dag 1.
1. Wakkerword
Volg weer die wakkerword-roetine en dagplanning wat vir jou werk.
Mantra vir dag 6: “Wees oor niks besorg nie, maar maak julle begeertes met gebed en danksegging bekend, en die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en sinne (gedagtes) bewaar in Christus Jesus.” – Fil.4:6
2. Stiltetyd/Meditasie
Bybelwaarheid: Beelde, orals om ons is beelde, standbeelde, foto’s, skilderye. In die begin van Genesis lees ons: God het ‘n beeld van Homself gemaak (Gen, 1:26, 27), naamlik die mens. God het die mens gemaak as sy verteenwoordiger, “beeld” in die oorspronklike teks (Gen 9:6). Konings en belangrike mense laat maak graag beelde van hulleself; afgodsbeelde is algemeen veral in die Oosterse gelowe.
Abstrakte begrippe kan ook beelde wees, bv die leeu van Juda, beeldspraak oor Christus as die brood van die lewe, Christus is die hoof en ons is die liggaam, mense met byname wat hulle aksies of voorkoms beskryf.
Net so is Christus die beeld wat vir ons as die ideaal gestel is: wees dan volmaak soos Ek volmaak is.
As ons dus die beeld van Christus is, sal die Christen anders lyk en anders optree.
Die beeldspraak word genoem tot aan die einde van die Bybel en is prominent in Openbaring, met die beeld van die nuwe Jerusalem, die boom van die lewe (wat genesing bring vir die nasies), en die bruilof van die Lam.
3. Fisieke aktiwiteit
Doen vandag (kliek op die skakels om die programme oop te maak:
4. Ander aktiwiteite
Kies weer, of gaan voort met aktiwiteite wat vir jou lekker is en/of wat jou sal help om jou doelwitte te bereik. Onthou om ten minste een sosiale aktiwiteit in te sluit.