DAG 3

By | 29 Desember 2018

3 (2)

Herhaal weereens die elemente van  Dag 1 se dagprogram waarby jy aanklank vind.

Kies weer vir jou ‘n mantra vir dag 3, of gebruik die volgende een: “Die Here is my herder, niks sal my ontbreek nie.” – Ps 23

1.  Wakkerword

Lees weer die idees wat gegee word by Dag 1 se wakkerword en oriëntasie tot die dag.  Doen iets nuuts vandag as deel van jou wakkerword-roetine, al is dit iets kleins soos om aan die anderkant van die bed af te klim of eerste jou nie-dominante voet se pantoffel aan te trek.  Klein veranderinge aan jou roetine kan jou help om meer kreatief te dink.

2.  Stiltetyd/Meditasie

bible-1868070_640Bybelwaarheid: Die Bybel in Joh1:1 begin by die begin: “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God”. Calvyn het gesê die Messias kom na ons in die gewaad van die Skrifte. Die Woord het mens geword en onder ons kom woon (Joh 1:14). Die Woord is onfeilbaar en gee riglyne oor etiek, moraliteit, gesondheid, optrede teenoor die naaste. Dit is steeds die basis van ons regsbeginsels, die Romeins-Hollandse reg.  Skynbare paradokse is dikwels te wyte aan ons beperkte insig en onvermoë om die Bybel in konteks te lees en te ken. “Is My woord nie soos ‘n vuur, spreek die Here, en soos ‘n hamer wat ‘n rots vermorsel nie?” (Jer 23:29). “Want die Woord van die Here is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard (Hebr. 4:12). Dit dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. “Wie My verwerp en My woorde nie aanneem nie, het reeds iets wat hom veroordeel: die woorde wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.” (Joh. 12:48).  Daarteenoor staan talle sagte en troostende verse.

3.  Fisieke aktiwiteit

Doen vandag die volgende:

  • Balansoefeninge (Kliek om oop te maak.)
  • Enige aerobiese ofeninge volgens jou keuse. Kyk by die idees wat genoem word by Dag 1 as jy nie self aan iets kan dink nie.

Probeer ‘n totaal van 30 minute lank oefen.  As dit nog te veel voel, doen 20 minute en vermeerder ‘n paar minute per dag tot jy ‘n halfuur lank per dag kan oefen.

3.  Ander aktiwiteite

binoculars-995779_640Doendinge – Gaan voort met ‘n aktiwiteit waarmee jy voorheen begin het of kies iets nuuts waarvoor jy vandag lus voel.  Doen weereens ten minste een sosiale aktiwiteit, waar jy byvoorbeeld iemand anders gesels.  

Maak 'n opmerking

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui