Oor Dok Francois

Dokter Francois Retief praktiseer as ‘n algemene internis en gastroënteroloog by die Life Bay View hospitaal in Mosselbaai.

Hy is ‘n groot voorstander van voorkomende geneeskunde en glo dat ‘n gesonde, aktiewe lewenstyl en die regte eetgewoontes die sleutel is tot ‘n lang en gelukkige lewe.

In sy vrye tyd volg Dok Francois sy eie raad.  Gevolglik is hy ‘n bekende gesig op Mosselbaai se strate, wandelpaaie en strande.  Hy gaan draf en swem gereeld saam met sy wolfhond, Zetta.  Op sy bergfiets verken hy gereeld Mosselbaai se roetes.  Hy is lief vir sy seekajak en op mooi oggende haal hy die dubbelkajak uit wanneer sy vrou, Dr Esther Retief, saam met hom gaan roei. Die egpaar is meer as 40 jaar getroud en het 5 kinders.

In sy blog spits hy hom toe op praktiese raad wat voortspruit uit ‘n mengsel van die nuutste navorsing, jare se ondervinding en ‘n gesonde dosis ‘common sense’. Die artikels beantwoord meestal vrae wat in sy praktyk herhaaldelik opduik.

Hy het sy MBChB by die Universiteit van Pretoria behaal, daarna MMed (Int) gedoen by UOVS (deesdae UFS); F.C.P. (SA); BScHons (SportWetenskap) by UCT; Dipl.Theologiae (Hugenote Kollege).

16 thoughts on “Oor Dok Francois

  1. VisChris

    Dankie vir u duidelike en praktiese artikels. Ek waardeer u moeite daarmee.
    Seënwense,
    Chris Visser

    Reply
  2. marguerite

    was voorreg om julle beter te leer ken, sien uit om die blog te volg !

    Reply
  3. marguerite

    spesiaal baie dnki v al die tyd wat julle gister aan ons afgestaan het. Retief is positief en het voggend met die minste pyn in baie lang tyd opgestaan. hy is reg om die proef maand te begin met sy hele familie se ondersteuning. baie baie dankie ! spesiale blessings v Bo jle toegebid. grte marguerite

    Reply
  4. neville van wyk

    Baie beīndruk met al die goeie raad. Is daar nie so iets as ‘n “Standard Model” vir gesonde leefstyl?

    Reply
  5. ds Jakes Jacobs

    Dok dankie vir die oproep , was lekker om met jou te praat en ek sal die blog lees en geniet , hoop om een v d dae te ontmoet . Ds Jakes.

    Reply
  6. Fred Daniel

    Dr Retief het ‘n gesondheidsprobleem vir my opgelos waarmee ek vier jaar geworstel het en twee vorige onsuksesvolle presedures ondergaan het. Dit het my lewe oornag verander en ek kan nou weer ‘n normale lewe lei. Ek is hom baie dankbaar- ook vir sy baie vriendelike en menslike benadering.

    Reply
  7. amarcia

    dankie vir die verstaanbare artikel omtrent tuberkulose, , ek wil dit vir my huishulp gee .

    Reply
  8. nadene

    dis nadene u het my verloofde mnr lockem behandel in bayview met sy suiker en albei sy groot tone wat al afgesit is,baie baie dankie vir al u hulp en raad.

    Reply
  9. wynand olivier

    Dok, dankie vir jou woorde van aansporing en inspirasie tydens my onlangse kuier in Bayview. Dit is awesome om n mens soos jy te ontmoet wie so passievol oor selfgenesing en voorkomende genesing is! Ek het beginne lees aan jou artikels en kdit is awesome, ek kan nie wag kom weer te gesels en saam te droom oor gesonde menswees nie! Groete Wynand Olivir

    Reply
  10. andre

    EK is self n proffesionele persoon, heng dr jy verduidelik dinge soos min , ek sal maar van kaapstad na u toe reis , baie baie dankie , groete andre ferreira

    Reply
  11. riaan botha

    Dok ek was 2dae terugvoering jou patient.ysterman met longosteking wonder wat ter article moet ek lees

    Reply
  12. Christo Kriek Heidelberg W.K.

    Ons in die suid-kaap is werklik geseen met so n wonderlike mens en word dit bewaarheid dat agter elke suksesvolle man is daar ook n besonderse vrou.

    Jy is nog van die soort soos op die platteland se ‘ou dokter” wat impliseer jy weet byna alles, jy gee om, het impatie met jou pasiente, dwing respek af, en glo ons in jou
    Baie dankie hoe u vir my gister behandel het en daagliks die ander pasiente, dus hoekom ons vir jou lief is,
    Christo Kriek Heidelberg W.K.

    Reply
  13. Lanka van Niekerk

    Wat ‘n fonds! Ek soek al lank na mediese inligting wat ek kan vertrou, en hierdie blog lyk na presies dit! Baie dankie vir die baie relevante en verstaanbare artikels.

    Reply
  14. Bruce

    I have on occasions seen or even had the privilege of meeting up with and chatting with this amazing Dr. and his wife while both savoring the outdoors and fresh air our amazing town has to offer. This is a man of few words but those few are words of wisdom, passion and free advice. Thanks Doc. You are one in a million.

    Reply

Maak 'n opmerking

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui