Category Archives: Maagseer

Inligting oor ‘n Gastroskopie

Hierdie ondersoek kan in ‘n hospitaal, of in sommige spesialiste se spreekkamer gedoen word.  Om alles mooi te kan sien, moet die maag heeltemal leeg wees.   Die dokter sal vir u presiese aanwysings gee vir hoe lank nie geëet mag word nie, wanneer om aan te meld en ander nodige inligting. Maak ook seker dat… Read More »

Ondersoeke vir maag- en dermkanaalsiektes

‘n Groot verskeidenheid simptome en siektes setel in die dermkanaal, en die ondersoek hiervan sluit ‘n wye verskeidenheid diagnostiese velde in. Die wegspringplek is altyd om te luister na die pasiënt se beskrywing van presies hoe die probleem beskryf word.  Dan volg ‘n gewone fiesiese ondersoek, en op grond hiervan sal die dokter besluit watter… Read More »

Waarheen dan met PPIs (protonpomp-inhibitore)?

Die artikel oor die langtermyngebruik van protonpomp-inhibitore (handelsname sluit in Altosec, Losec, Nexium, Omez en vele meer) het heelwat navrae uitgelok.  Ek gee graag meer inligting daaroor. Die maag is as’t ware die hekwag van die hele dermkanaal en reguleer dus ‘n groot aantal van die aksies in die dermkanaal.   Ons het maagsuur vir ‘n goeie… Read More »

Waarskuwing: Langtermyn Gebruik van Protonpomp-inhibitore (PPIs)

Die langtermyn gebruik van protonpomp-inhibitore (PPIs), ‘n medikasie teen sooibrand, is baie algemeen en mense drink dit soms jare lank as chroniese medikasie.  Hierdie pille (handelsname sluit in Altosec, Losec, Nexium, Omez en vele meer) is baie effektief.  Dit skakel in die meeste gevalle sooibrand uit deurdat dit die vorming van maagsuur belemmer deur die… Read More »

Maagsere

Daar is verskillende soorte maagsere (let wel, nie ‘n “maagsweer”, soos sommige mense dink nie): Gastriese erosie of ulkus:  Beskadiging van die mukosa (maagslymvlies, maagvoering) in die maag self kan lyk soos ‘n ulkus (seerplek) of ‘n erosie (net ‘n klein barsie) en veroorsaak matige simptome van ongemak en eetlusverlies. Dit kom mees algemeen voor… Read More »