Category Archives: Sooibrand / Refluks

Ondersoeke vir maag- en dermkanaalsiektes

‘n Groot verskeidenheid simptome en siektes setel in die dermkanaal, en die ondersoek hiervan sluit ‘n wye verskeidenheid diagnostiese velde in. Die wegspringplek is altyd om te luister na die pasiënt se beskrywing van presies hoe die probleem beskryf word.  Dan volg ‘n gewone fiesiese ondersoek, en op grond hiervan sal die dokter besluit watter… Read More: Ondersoeke vir maag- en dermkanaalsiektes »

Waarheen dan met PPIs (protonpomp-inhibitore)?

Die artikel oor die langtermyngebruik van protonpomp-inhibitore (handelsname sluit in Altosec, Losec, Nexium, Omez en vele meer) het heelwat navrae uitgelok.  Ek gee graag meer inligting daaroor. Die maag is as’t ware die hekwag van die hele dermkanaal en reguleer dus ‘n groot aantal van die aksies in die dermkanaal.   Ons het maagsuur vir ‘n goeie… Read More: Waarheen dan met PPIs (protonpomp-inhibitore)? »

Waarskuwing: Langtermyn Gebruik van Protonpomp-inhibitore (PPIs)

Die langtermyn gebruik van protonpomp-inhibitore (PPIs), ‘n medikasie teen sooibrand, is baie algemeen en mense drink dit soms jare lank as chroniese medikasie.  Hierdie pille (handelsname sluit in Altosec, Losec, Nexium, Omez en vele meer) is baie effektief.  Dit skakel in die meeste gevalle sooibrand uit deurdat dit die vorming van maagsuur belemmer deur die… Read More: Waarskuwing: Langtermyn Gebruik van Protonpomp-inhibitore (PPIs) »

Helicobacter pylori: Die “Kiem” in die maag

Helicobacter pylori (H. pylori) is ‘n bakterie wat reeds eeue lank in die mens se dermkanaal teenwoordig is en dit vorm dus deel van die menslike mikrobioom. Die belang van H. pylori vir die pasiënt is dat, indien die pasiënt ‘n chroniese duodenale ulkus (‘n tipe “maagseer”) het, hierdie ulkus nie sal genees tensy die… Read More: Helicobacter pylori: Die “Kiem” in die maag »

Mantelvliesbreuk, Diafragmabreuk, Hiatus Hernia

Baie mense verkeer onder die wanindruk dat ‘n mantelvliesbreuk ‘n skeur of ‘n stukkende plek in die mantelvlies (diafragma) is.  Dis is glad nie die geval nie.  ‘n Sogenaamde mantelvliesbreuk is net ‘n verslapping of vergroting van die normale opening in die mantelvlies. Die mantelvlies is ‘n spierkoepel wat die liggaamsholte in twee dele verdeel:… Read More: Mantelvliesbreuk, Diafragmabreuk, Hiatus Hernia »