Category Archives: Vetsug

Hipertensie (Hoë bloeddruk)

Hipertensie (hoë bloeddruk) word in seker 95% van gevalle toegeskryf aan die kombinasie van ‘n genetiese geneigdheid tot die toestand, en lewenstylfaktore wat lei tot ‘n verhoging in bloeddruk.  Laasgenoemde sluit in stres-sensitiwiteit, te veel sout in die kos, te min kalium- en kalsiuminname en ‘n gebrek aan fisieke oefening.  Hoë bloeddruk kom baie dikwels… Read More: Hipertensie (Hoë bloeddruk) »

Artritis en Osteo-artrose

Van die lastigste, pynlikste en mees debiliterende chroniese siektetoestande by ouer wordende mense is osteo-artrose en osteo-atritis. Wat is dit en wat kan ons daaraan doen? Osteo-artrose is primêr ‘n degeneratiewe siekte van die kraakbeen wat die gewrigoppervlaktes belyn. Verder veroorsaak dit veranderinge in die been self, rondom die gewrigte, wat lei tot totale verval… Read More: Artritis en Osteo-artrose »

Die Mikrobioom: Ons eie ekosisteem

Mikro-organismes in die dermkanaal en hoe dit ons gesondheid beïnvloed Hoe meer ons te wete kom van die liggaam en sy siektetoestande, hoe duideliker raak dit dat ‘n verskeidenheid van siektes aan dieselfde oorsake toegeskryf kan word. Een van die huidige belangstellingsvelde is die rol wat die mikrobioom (die ekologiese balans van die mikro-organismes) van… Read More: Die Mikrobioom: Ons eie ekosisteem »

Die metaboliese sindroom en tipe 2 diabetes

Die begrip “metabolies” het te doen met die wyse waarop die liggaam se energiestelsels werk (energie = brandstof, kragbronne wat die die selle en organe gebruik) Dit sluit in die tempo waarteen hulle hulle werk verrig en die afvalstowwe wat so geskep word. Indien jy enige 3 of meer van die volgende tekens en simptome… Read More: Die metaboliese sindroom en tipe 2 diabetes »