Category Archives: Beroerte

Hipertensie (Hoë bloeddruk)

Hipertensie (hoë bloeddruk) word in seker 95% van gevalle toegeskryf aan die kombinasie van ‘n genetiese geneigdheid tot die toestand, en lewenstylfaktore wat lei tot ‘n verhoging in bloeddruk.  Laasgenoemde sluit in stres-sensitiwiteit, te veel sout in die kos, te min kalium- en kalsiuminname en ‘n gebrek aan fisieke oefening.  Hoë bloeddruk kom baie dikwels… Read More »

Hormoonvervangingsterapie na die Menopouse

Hormoonvervangingsterapie (HRT=hormone replacement therapy) word baie algemeen voorgeskryf met baie goeie resultate. Daar is egter vir baie jare reeds kontroversie oor die wenslikheid daarvan en of die voordele die gevare oortref. Sommige mense is van mening dat daar nie nut is daarin om hormoonterapie te gee wanneer ‘n vrou se voortplantingsjare verby is nie, of… Read More »

Familiële Hoë Cholesterol en die rol van die Lipogram

Familiële of oorerflike hoë cholesterol is nie net een siektetoestand nie, maar bestaan uit ‘n wye spektrum genetiese afwykings wat van ons Hollandse voorsate afkomstig is. Enige een van die bloedvetkomponente afsonderlik, of ‘n kombinasie daarvan, kan verhoog wees. Onthou dat cholesterol nie ‘n vloekwoord is nie: dis ‘n essensiële bestanddeel van selwande, speel ‘n… Read More »

Alzheimer se siekte en Beroerte

Die ontwikkeling van Alzheimer se siekte of beroerte in ‘n huweliksmaat is altyd ‘n krisis.  Daar is wel ‘n groot verskille in die verloop van die twee toestande. *  Alzheimer se siekte is ‘n degeneratiewe siekte wat met tyd vererger.  Dit is ‘n spesifieke diagnose met kenmerkende simptome en bewysbare breinveranderinge, en moet onderskei word… Read More »