Slaap-apnee: Oefen jou keelspiere

By | 19 Oktober 2015

Scenic in bedroom of young couple lying in bed and holding pillow on the ears because of snoring boyfriend.Daar is vantevore op die blog geskryf van slaap-apnee, die oorsake en hoe om dit beter te maak.  (Sien Slaap-apnee en Slaap-apnee: Praktiese Inligting.)

Daar is ‘n e-boek, “The FREE Cure for Sleep Apnea: You can stop using CPAP” geskryf deur Paul Szilvasi, wat ‘n paar briljante oefeninge vir spesifiek die keel bied. Die volgende is ‘n kort samevating daarvan.

Die oorsaak van slaap-apnee is dat die keel a.g.v. die gewig van die sagte weefsel toeval sodra mens slaap, en dit dan die lugvloei inkort of heeltemal afsluit.

Wat die boek uitlig is dat die hele keel bestaan uit samestellings van spiere, en al hierdie spiere dra by tot die gewig wat die keel laat toeval gedurende ontspanning (slaap). Met ‘n paar oefeninge kan ‘n mens die spiere sterk genoeg maak om die lugweg te kan oophou gedurende slaap. Hierdie kan in baie gevalle volkome genesing van slaap-apnee teweeg bring – veral as dit gekombineer word met die ander wenke onderaan die artikel Slaap-apnee: Praktiese Inligting.

Slaap-apnee Oefeninge

Hierdie oefeninge moet ten minste een maal per dag gedoen word, maar hoe meer hoe beter! Die beste tyd om met die oefeninge te begin is reg voor slaaptyd. Afhangende van fiksheid kan dit in minder as 5 minute afgehandel word. Verwag resultate in 1 tot 8 weke, en maak die oefeninge ‘n deel van jou daaglikse roetine. Dit is ‘n goeie idee om die oefeninge voor ‘n spieël te doen.

  1. Neurie (brom) ‘n diep noot vir 30 sekondes.
    Hierdie is ‘n opwarmingsoefening wat die keel-area laat ontspan en ‘n bietjie strek.
  2. beautiful girl and gesture

  3. Kyk na voor, steek u tong ver uit en lig u sagte verhemelte.
    Hierdie is dieselfde oefening as wanneer ‘n dokter in u keel wil kyk. Hou vir 5 sekondes u sagte verhemelte op waarna u kan ontspan. Herhaal 5 tot 10 keer. Dit is soortgelyk daaraan om die agterkant van u keel oop te trek vir bv. in ‘n baie diep stem praat. As u in die spieël kyk sal u tot in die agterkant van u keel kan sien as u dit reg doen.Herhaal 5 na 10 maal vir 5 sekondes.
  4. Lag 6 keer hardop.
    Hierdie oefen die diafragma sowel as die keel. Dit is ‘n goeie idee om in elk geval herhaaldelik deur die dag te lag!
  5. Kyk na die dak en steek u tong uit.
    Met u gesig na bo gedraai, steek u tong ver uit in die rigting van die dak en hou vir 5 sekondes. Na ‘n kort rus, sonder om u nek te ontspan, herhaal.Herhaal 5 na 10 maal vir 5 sekondes.
  6. Kyk na onder, steek u tong ver uit. Hou dan u tong met u tande vas, kyk na die dak en sluk 5 na 10 maal met u tong steeds uit.
    Hier is waar dinge hoër graad raak! Dit is normaal om aan die begin te sukkel daarmee om met u tong heeltemal uitgesteek en u gesig na bo gedraai te sluk.  Indien nodig kan ‘n klein bietjie water in u mond gesit word om die sluk-refleks aan te help.Met kort rusposes tussenin kan hierdie 10 maal herhaal word.

2 thoughts on “Slaap-apnee: Oefen jou keelspiere

    1. admin Post author

      Dankie dat jy laat weet het, Susan. Ongelukkig kan Dr Retief nie tans meer nuwe deelnemers op die program akkommodeer nie. Hou egter gerus die blog dop vir inligting oor hoe om gesond en gelukkig te lewe.

      Groetnis,
      Marina la Grange
      Dr Retief se Kuberkaptein

      Reply

Maak 'n opmerking

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui