Doen die oefeninge op ‘n stewige stoel.
Hou ‘n gewiggie vas in elke hand. Buig afwisselend elke elboog en maak weer reguit. Doen 10 keer met elke arm.
Sit op ‘n stewige stoel. Lig jou arms uitwaarts na die kante tot bo en weer terug. Doen 10 keer. Progresseer daarna om die oefening met ‘n ligte gewig te doen.
Sit op ‘n stewige stoel. Lig afwisselend elke arm vorentoe en terug. Doen 10 keer aan elke kant. Progresseer daarna om die oefening met ligte gewiggies te doen.
Sit op ‘n stewige stoel. Druk jou elmboog in jou sy en draai jou voorarm buitentoe, na die muur toe, en weer terug. Herhaal 10 keer aan elke kant. Progresseer daarna om die oefening met ligte gewiggies te doen.




