Fisiologiese basisvlak

Om te weet of jy vorder na jou doelwitte is dit belangrik om te weet waar jy staan voor jy met ‘n oefenprogram begin.

Bepaal daarom op dag 1 jou fisiologiese basisvlak volgens hierdie parameters en skryf dit neer:

  • Meet jou polssnelheid – hoeveel slae per minuut, rustend,35690134396_9843927276_z
  • Meet jou middellynomtrek – sit ‘n maatband om jou middel, net bokant die heupbene,
  • Doen die 6 minute staptoets – kyk hoe ver jy kan kom, stap in een rigting, of stap 3 minute weg en 3 minute terug; of stap heen en weer tussen 2 punte – jy kan selfs 2 stoele 10 meter uitmekaar sit en kyk hoeveel kere jy heen en weer tussen hulle kan loop in 6 minute. Soos wat jy vorder, sal jou stapafstand verbeter.  Stap so vinnig as wat jy kan; draf of hardloop selfs as jy wil, om hierdie basiese afstand te bepaal. Versigtig, moet jouself nie ooreis nie! Hierdie is ‘n internasionale parameter wat gebruik word om mense se beweeglikheid of fiksheidsvlak te bepaal en op te volg.

Herhaal hierdie toets van tyd tot tyd om te sien hoe jy vorder. Dit sal help om jou te motiveer.

Maak 'n opmerking

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui