Ons liggame werk volgens en is onderhewig aan die basiese natuurwette, volgens suiwer wetenskaplike beginsels.
Natuurwette soos die wette van swaartekrag, osmose, termo-dinamika, fisiese (bv. Boyle se wette vir die longe, Pascal se wette vir die bloedsirkulasie, ens. ens.) en chemiese beginsels (die chemiese reaksies van sure en alkalieë in die liggaam, die uitruiling van ione oor selmembrane) bepaal hoe ons organe en die hele liggaam gesamentlik werk.
Indien jy hierdie wette oortree, word jy altyd en onmiddellik gestraf, bv.
- as jy swembadchemikalieë verkeerd meng, gaan jy met giftige gas te doen kry
- as jy elektriese drade verkeerd koppel, kan dit in brand of ontploffing veroorsaak
- as jy nie met swaartekrag rekening hou nie, val jy grond toe met verskeie moontlike gevolge, soos ons kleinseun vroeg in sy lewe uitgevind het toe hy van ‘n stoel afgeval en sy sleutelbeen gekraak het!
Dus: as jy die natuurwette oortree wat die liggaam laat funksioneer (met die verkeerde lewenstyl), saboteer jy jouself.
Dit geld natuurlik vir die geestelike lewenswette ook. Dankie.