Nek-bewegings en -strekke

Doen hierdie oefeninge in ‘n stewige stoel met ‘n rugleuning.

Nek 1 1. Ken intrek

Trek jou ken agtertoe, terwyl jy jou skouers en rug stilhou.  Moenie jou nek op- of afkantel nie.  Dit is die aksie soos as jy vir jou self ‘n dubbelken maak, in ‘n reguit-agtertoe beweging.  Doen 3 – 5 keer, hou die intrekposisie elke keer vir 3 tellings.

 

Nek 22. Nek vorentoe strek

Kyk af, buig jou nek stadig vorentoe en weer op, binne perke van gemak.  Probeer jou ken op jou bors sit.

 

 

Nek 2bTrek nou jou ken in soos bo beskryf , buig jou nek vorentoe en hou hierdie strek vir 20 sekondes.   Jy kan die strek verdiep deur ligte drukking met jou vingerpunte op jou kop te gee.

 

 

 

Nek 33. Nek boontoe strek

Kyk stadig op na die dak en terug, net so vêr as wat dit gemaklik is, 5 keer.

 

 

Nek 3bTrek nou jou ken in, soos voorheen beskryf en kyk in hierdie posisie op dak toe so vêr as wat dit gemaklik is.  Hou 5 sekondes, doen 2 keer.

 

 

 

 

Nek 44. Sykantel          

Buig jou nek sywaarts en terug na die middel, en dan weer na die ander kant en terug na die middel.  Hou jou ken effens ingetrek.  Doen 5 keer aan elke kant.

 

 

Nek 55. Nek systrek

Trek jou ken effen in.  In hierdie posisie, buig jou nek sywaarts binne perke van gemak en hou 20 sekondes.  Doen na albei kante.  Jy kan die strek verdiep deur jou kop liggies met jou vingerpunte oor te trek.

 

Nek 66.  Rotasies

Draai jou kop stadig van kant tot kant, binne perke van gemak.  Doen 5 keer na elke kant.

 

 

 

Nek 6bOm te strek draai jou kop so vêr as wat dit gemaklik is en hou hierdie posisie vir 20 sekondes. Doen na beide kante.  Jy kan die strek verdiep deur ligte drukking met jou vingerpunte op die teenoorgestelde wang te gee.

 

 

 

Nek 77. Skouer optrekke

 Trek jou skouers op, asof jy sê “ek weet nie” en ontspan dan jou skouers weer.  Doen 5 keer.

 

 

 

Nek 88. Rol jou skouers

Rol jou skouers stadig agtertoe, met sulke groot sirkels was wat gemaklik is.  Doen 5 keer.

 

Maak 'n opmerking

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui