Balansoefeninge

Kies ‘n balansoefening uit die volgende lys van oefeninge wat by jou huidige vlak van balans pas.  Maak baie seker dat jy die oefening veilig kan uitvoer.   Beweeg eers aan na die volgende oefening as jy die vorige oefening heeltemal bemeester het.

Balans 11. Loop sywaarts

Loop 15 treë sywaarts in ‘n reguit lyn in beide rigtings.

 

 

  

Balans 22. Loop oorkruis

Kruis jou regterbeen vooroor jou linkerbeen, tree sywaarts met jou
linkerbeen, en kruis jou regterbeen dan weer agter jou linkerbeen oor.  Doen 15 treë na albei kante.

Balans 33. Trappie klim

Klim baie stadig en gekontroleerd 20 keer op by ‘n trappie en weer af, terwyl aan ‘n reling of die muur vasgehou word.  Progresseer daarna om die trappie op en af te kan klim sonder om vas te hou.

Balans 44. Haak-toon loop

Loop in ‘n reguit lyn deur telkens die voorste voet so neer te sit dat die aan die tone van die agterste voet raak.  Begin deur eers aan ‘n die muur vas te hou, progresseer deur eers met arms uitgestrek na die kante te loop en dan om met arms teen die sye te loop.  Loop 20 treë.

5. Loop op ‘n lynBalans 5

Loop op ‘n lyn.  Hou vas aan ‘n muur vir stabiliteit indien nodig.  Progresseer daarna om sonder om vas te hou met arms langs die sye op ‘n lyn te kan loop.  Loop 20 treë.

 

 

Balans 66.  Hak-toon staan

Staan met die hak van die voorste voet teenaan die tone van die agterste voet.  Balanseer eers met oë oop en arms uit na die kante vir balans.  Progresseer daarna om met toe oë en arms teen die sye.

 

 

Balans 77. Een been staan

Hou eers aan ‘n muur vas en balanseer op een been. Progresseer daarna om sonder om vas te hou op een been met oë oop te kan balanseer, vir 30 tellings vir 30 sekondes te balanseer.

 

 

Balans 88. Swaai deur

Staan op een been.  Swaai die ander been en arms vorentoe en agtertoe.  Progresseer deur hierdie beweging met toe oë vir 30 sekondes kan doen.

 

 

 

Balans 99. Een been oë toe

Balanseer op een been met toe oë vir 30 sekondes op elke been.  Progresseer die posisie om met een voet teen die ander knie en met arms uitgestrek na bo te balanseer vir 30 sekondes. Doen op albei bene.

 

 

One thought on “Balansoefeninge

  1. Marie Bornman

    Baie dankie vir hierdie program. Ek was n gesonde mens..omstandighede en ek myself het heeltemal verander. Gedink ek is klaar met die wereld..ek is 69 jaar.Danksy hierdie program het ek moed geskep..my denke is verander en nou sien ek uit vir die lewe en nuwe avonture..Gesond en selfstandig wees.

    Reply

Laat 'n boodskap aan Marie Bornman Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui