Voorsorgmaatreëls wanneer jy oefen

By | 9 Maart 2013

In die vorige artikel het ons gesels oor die voordele van ‘n aktiewe lewensstyl.  Wanneer jy besluit om meer aktief te wees is daar ‘n paar voorsorgmaatreëls om in gedagte te hou voordat jy wegspring met jou oefenprogram.

  • Moenie te vinnig begin nie. Bly binne jou vermoëns.
  • Dra gemaklike klere en veral skoene wat nie die voete kan beseer nie.  Wees baie versigtig as jy voetprobleme, of verlaagde sensasie in die voete het.
  • As jy enige pyn ondervind, STAAK eers die oefening en wag totdat die pyn heeltemal opgeklaar het.
  • Moenie oefening aandurf waarvoor jou spiere nie gereed is nie, dit kan veroorsaak dat jy  beserings opdoen.
  • Stap of oefen op ‘n veilige plek.
  • As daar honde in die buurt is wat jou storm, kry ‘n “pepper gun” en moenie huiwer om dit te gebruik nie!  Die hond sal dit nie weer probeer nie!
  • Diabetiese medikasie is bedoel om verlaging in bloedsuiker teweeg te bring.  Tydens oefening gebruik jou liggaam meer glukose, wat ook ‘n verlaging van bloedsuiker tot gevolg het.   Onthou, diabetes het tot gevolg dat die hele insulien-glukose-sirkel versteur is.  Diabete wat op insulien is of ‘n sulfonielurea neem, moet verkieslik iets ligs eet voordat hulle gaan oefen.  Hou ‘n glukoselekkertjie byderhand.  As jy sleg voel, meet indien moontlik eers die bloedsuiker voor jy die lekkertjie eet.  Jy voel dalk sleg vir ‘n ander rede.  Hierdie voorsorgmaatreël is nie nodig as jy net op Metformin is nie.

Photoxpress_5415160
Baie mense sê hulle hou nie van draf nie, daarom oefen hulle nie.  Ander sê weer hulle kan nie stap nie as gevolg van ‘n enkel- of knie-besering.  Draf en stap is nie die enigste maniere om ‘n meer aktiewe lewenstyl te volg nie.  Daar is ‘n groot verskeidenheid maniere om te oefen.

Ons kyk in die volgende artikel na ander maniere waarop ‘n mens kan oefen of meer aktiwiteit in jou dag kan inbou.

2 thoughts on “Voorsorgmaatreëls wanneer jy oefen

  1. Pingback: Nuwe inligting oor oefening (HIT en NEAT) | Verslanking

    1. docfrancois

      Daar is baie rasionale vir die HIT en NEAT metode van oefening. Ons het wit hoë-aktiwiteit spiere. Dan het ons ook rooi vesels wat konstant suurstof gebruik tydens oefening. Hierdie vesels brand aanmekaar suurstof en sal nie suurstofskuld aangaan nie. Wit vesels het enorme krag en spoed en kan groot skuld aangaan wat altyd later terugbetaal word. Die vesels wat met ouderdom verlore gaan is die wit spiere en dus maak HIT baie goeie sin omdat dit juis hierdie vesels is wat met HIT ontwikkel.

      Reply

Laat 'n boodskap aan docfrancois Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui