Slaap-apnee

By | 25 Januarie 2010

Slaap-apnee is die term wat gebruik word wanneer mense tydens slaap ophou asemhaal.

Dit gaan gepaard met uitgesproke gesnork.  Die pasiënt sal al harder begin snork totdat die asemhaling ophou, heeltemal stil lê vir ‘n tyd, en dan met ‘n harde gesnork weer begin asemhaal wanneer die asemhalingsentrum in die brein so suurstof-honger raak dat die brein die pasiënt wakker maak om asem te haal.  Hulle slaap dus nooit uit nie en bereik nooit die vlak van sg. REM-slaap (“rapid eye movement”) wanneer ‘n mens droom en diep uitrus nie.

Slaap-apnee kom in verskillende grade voor.  In ernstige gevalle sal die pasiënt so ‘n suurstoftekort opbou dat hy blou word.

Wanneer iemand 5 keer per uur of meer ophou asemhaal, is dit ‘n aanduiding dat dit slaap-apnee kan wees.

Die volgende probleme kom algemeen voor by pasiënte met slaap-apnee.

  1. Chroniese moegheid:  Hulle slaap nooit lank genoeg om uit te rus nie  –  word aanhoudend wakker om asem te haal.
  2. Verlies van konsentrasie.
  3. Hulle raak baie maklik aan die slaap gedurende die dag: voor die televisie, in geselskap, selfs later terwyl hulle eet of motor bestuur.
  4. Depressie.
  5. Ernstige gewigstoename en onvermoë om dit weer te verminder.
  6. Onvermoë om bloeddruk en bloedglukose te beheer, selfs op medikasie.
  7. Slaap-apnee kan op sy eie diabetes laat ontstaan.
  8. Spierswakheid.
  9. Geheueverlies.
  10. Versnelling van die prosesse wat skade aan die bloedvate veroorsaak:  lei dus tot ‘n hoër voorkoms van hartaanvalle, beroertes, onreëlmatige hartklop, en verlies van seksuele funksie.

Die gevolge van slaap-apnee kan dus wees:  vermeerdering van ernstige siektetoestande, verhoogde voorkoms van voertuigongelukke; verlaagde werksproduktiwiteit en inkorting van algemene funksionering.

Wees veral op die uitkyk vir die diagnose van slaap-apnee in die volgende pasiënte:

  1. Mense wat snork.
  2. Mense met ‘n dik nek (nekomtrek van meer as 42 cm)
  3. Mense met ‘n klein onderkaak.
  4. Onvermoë om gewig te verloor, selfs met groot inspanning.
  5. Swak kontrole van diabetes en hoë bloeddruk.

Onthou: Gereelde fisieke aktiwiteit bied sterk beskerming teen slaap-apnee.

Die DIAGNOSE van slaap-apnee word gemaak wanneer die bogenoemde simptome teenwoordig is, en bevestig deur ‘n slaapstudie met polisomnografie (meting van die aantal episodes van asemhalingstilstand en die duur daarvan).

Die pasiënt slaap vir ‘n nag met ‘n  masjientjie wat die metings uitvoer.

Indien die toets positief is, slaap hy vir nog 2 nagte met ‘n C-PAP-masjientjie, wat lug onder positiewe druk deur die neus inblaas sodat die keel die hele tyd oop bly, en die pasiënt dus ongestoord slaap.  Die C-PAP-masjientjie bepaal ook teen watter druk die suurstof ingeblaas moet word om die keel oop te hou.

Die voordele van die C-PAP-stelsel is dus om al die bogenoemde negatiewe simptome uit te skakel, te verbeter of te beheer.

Naskrif: Ons lesers het baie vrae en kommentaar gehad op hierdie artikel.

Sien gerus die opvolg-artikel wat handel oor verdere praktiese aspekte van slaap-apnee, Slaap-apnee: Praktiese Inligting. Die artikel is spesifiek geskryf met die doel om ons lesers se kommentaar en vrae te beantwoord. Sien ook die latere artikel Slaap-apnee: Oefen jou keelspiere.

27 thoughts on “Slaap-apnee

  1. madelein ungerer

    baie dankie vir die inligting. my man was vir die toets, haal 122 keer p nag op met asemhaal en die volgende nag het hul die cpap op hom getoets, toe 100 keer p nag opgehou. my man is baie oorgewig en ons sukkel om gewig te verloor- ons kry ons masjien in die week en is volstoom besig met goeie eetplan. ek wil net graag weet, buiten dieet, cpap en bietjie oefeninge (in die begin)- is daar niks meer wat ek vir my man kan doen om hom te help? baie dankie

    Reply
  2. docfrancois

    Jy doen omtrent alles wat nodig is sterkte. Dit is die moeite werd, jy sal ‘n nuwe man terugkry. Daar is gesaghebbend gerapporteer dat om ‘n DiggeryDoo (?spelling) te leer speel kan ‘n groot verskil maak. Ek het een as geskenk gekry en dit is MOEILIK moet liefs nie eers probeer nie

    Reply
  3. Lionel Sieberhagen

    Where can I go to have test done? Does the medical aid pay? What does the tests cost? What does the machine cost?

    Reply
  4. Esther

    Ek het nou al ‘n paar keer ondervind dat ek slaap en skielik wakker ruk en ‘n snaakse gevoel oor my hart gedeelte ondervind. Baie moeilik om die gevoel te beskryf. Dis nie die tipiese gevoel wat mens kry as jy insluimer en wakker word met ‘n ruk beweging nie. Kan dit verband hou met ‘n slaap probleem of wat stel u voor moet ek doen want dit pla my.

    Reply
  5. Gielie

    Dis vrees aanjaend as jy lees wat dit aan jou doen ek het so aan die slaap geraak terwyl ek motor bestuur het, kan nie beskryf wat se vrees jou foeter as jy bykom nie

    Reply
  6. Bokkie van der Merwe

    Is pas gediagnoseer met baie erge slaap apnee. Hou gemiddeld 34 keer per uur op asemhaal. Dit het baie newe effekte. Maak ‘n plan en doen so toets, dis die moeite werd. Bokkie van der Merwe

    Reply
  7. Monique Els

    Hi, ek weet nie of ek slaap apnee het nie, want ek is nie oorgewig nie en ek het lae bloeddruk. Was onlangs by die dokter en hy het gese ek mag dalk slaap apnee he.
    Sodra ek aan die slaap raak, voel dit of ek besig is om te versmoor en ek haal nie asem nie en dit voel ek gaan my tong sluk. Dan skrik ek wakker en my hart klop iet vreesliks van skok. Ek is te bang om te slaap en party aande bly ek tot sons opkoms wakker. Ek forseer myself om wakker te bly, maar is soms moeilik, dan sonder dat ek dit agterkom raak ek weg en dan gebeur dieselfde ding oor en oor.

    Reply
  8. Monique Els

    Hi het vergeet om te vra. My MSA is basies klaar. Kan so n slaap studie in hospitaal gedeon word, sodat die koste uit ander fondse van my mediese plan verhaal kan word? Wat kos so n slaap studie?

    Reply
  9. Christine vd Berg

    Monque, ek het basies dieselfde simptome as jy. Wat my bang maak, is, dat ek my oe oopkry as dit gebeur, maar ek dan vreeslik sukkel om “wakker” te word. Ek het ‘n metraalklep wa lek. Een oomblik is my bloeddruk beroerte hoof en die volgende verskriklik laag. Ek ly aan bipolere depressie. Ek is konstant moeg kani konsentreer. Gebruik tans Concerta 54 mg vir ADHD. Slaap apnee is in die familie. Ek het nog nie ‘n dokter besoek nie.

    Reply
  10. chrisna laubscher

    Baie dankie ook vir die inligting wat gegee word om dinge makliker te maak. Ek wil net iets uitvind, my pa is 54 en is gediagnoseer met tipe 2 diabetes en ook epilepsie. Die laaste tyd sukkel ons met n snaakse tipe “aanval” as ek dit so kan stel. Dit gebeur slegs as hy slaap. Kan dit wees dat hy ophou asemhaal dat dit veroorsaak dat hy skrik en dan aanvalle kry? Dit gebeur gwoonlik laat nag en hy was al by dokters en hul versterk net sy medikasie, maar dit hou nie op nie. Is daar n moontlikheid dat dit dalk die oorsaak kan wees?

    Reply
  11. Linda le Roux

    Ek het slaap apnee. Ek was al twee keer vir slaap terapie waar hulle uitgevind het ek het slaap apnee en voorgestel het dat ek met ‘n cpap masjien moet slaap. Ek het die tweede nag probeer om daarmee te slaap, maar het soos ‘n klein kindjies gesit en huil en kom glad nie reg daarmee nie. Ek kry entevrees en kom glad nie reg daarmee nie. Ek wil graag hoor of u my nie asb raad kan gee nie. help my asb

    Reply
  12. freddieburger

    Ek ly aan erge slaapapnee – was juis in Mosselbaai vir ‘n slaapstudie baie jare gelede. Die cpap het my lewe dramaties verander. Ek is of was nog nooit oorgewig nie.

    Reply
  13. thea du toit

    WIL NET WEET ONS HET NIE N MEDIES NIE VERSKAF STAATSHOSPITALE DIE MASJIEN OOK
    THEA

    Reply
    1. docfrancois

      Goeiedag Thea, dit is gewoonlik nie beskikbaar by primêre staatshospitale nie. Dit is moontlik dat sommige sekondêre of tersiêre hospitale dit sal verskaf, maar dit sal die beste wees om by jou plaaslike hospitaal (by die buite-pasiënte afdeling) uit te vind.

      Reply
  14. LInda le Roux

    Ek wil net weet of iemand wat aan slaap apnee ly op die slender wonder dieet kan gaan? Soos ek verstaan is dit wanneer mens nie kan slaap in die nag nie mens ook nie maklik gewig kan verloor nie. Ek ly aan slaap apnee en is nou raad op. Ek het al twee keer vir slaap terapie gegaan en die volgende nag probeer slaap met die cpap masjientjie. Ek kan glad nie daarmee slaap nie ek kry entevrees. Ek is deur die dag so moeg en raak sommer aan die slaap.Is daar nie ander raad vir my nie?? ek is geweldig oorgewig. baie dankie

    Reply
    1. docfrancois

      Goeiedag Linda, dit is waar dat mense wat slaap-apnee kry moeilik gewig verloor, maar as jy meer kalorieë verbrand as wat jy inneem dan sal jy beslis gewig verloor. Geen ‘dieët’ gaan ‘n oplossing verskaf nie – slegs ‘n volgehoue verandering in lewensstyl sal ‘n verskil maak. Wat die slaap-apnee betref kan jy uitvind by jou CPAP-verskaffer of hy vir jou ‘n ander tipe masker, of ‘n neus-kanule kan verskaf. So iets mag vir jou meer aanvaarbaar wees.

      Reply
  15. Elriette Mulder

    Ek het my resmed masjien vir slaapapnee 3 dae terug gekry, die eerste aand kon ek hom net 1 uur ophou want ek het verskriklike entevrees gekry. Aand 2 en 3 het ek geslaap tot 3 uur in die oggend met hom want my neus trek verskriklik toe en dit laat my dan baie benoud voel Is dit normaal? Hoop so, ek gebruik nou ‘n neus sproei voor ek gaan slaap en hoop dit is net ‘n fase in die begin. My man se ek slaag “soos ‘n baba” en het geen geruk meer of snork nie.

    Reply
  16. Elmarie Schlebusch

    Waar in Bloemfontein kan mens die toetse laat doen? Ek dink my boetie ly erg aan slaap apnee

    Reply
  17. tinkerbel300

    Hi julle,ek is nog baie nuut met hierdie hele slaap apnee en wil soveel inligting as moontlik hieroor kry, ek het die toets laat doen maar daar is wel paar goed wat nog nie lekker vir my sin maak nie, is daar van julle wat ook van die volgende simptome ervaar saam met die simptome van die slaap apnee : Baie erge kopseer vir al in die oggende wat gepaard gaan met naarheid? Pynpille en migrane kits help glad nie wat ek wel gevind het is dat so 4 disprins die pyn tot n mate verlig. Ek is nie n diabeet nie en ek is ook nie een wat voorheen met my bloeddruk gesukkel het nie, ek kry nou gereeld hoe bloeddruk ( hypertention ) dit gaan baie hoog en dan wee ewe skielik baie laag so laag dat my hart gaan staan het so 3 weke terug. Ek kan baie oggende nie wakker word nie, ek is soos iemand wat gedrug is, ek weet nie wat om my aangaan nie en my ore is dan heeltemal toe, ek het nie beheer oor myself nie soos ek kan nie my arms of bene ens beweeg nie, in so geval drink ek ook 4 disprins en dan slaap ek verder as ek dan 2 ure of so daarna wakker word kan ek nie veel onthou van wat gebeur het nie maar dan makeer ek absoluut niks nie. Verder sukkel ek vreeslik met my voete en bene, dit is dood , maak needeles en pins en het n onsenttende brand gevoel, dit is nou al vir sowat 2 jaar sonder ophou en soms is dit erger in die aande, as dit baie warm is swel ek vreeslik baie op. Ek het al sowat R200000 spandeer aan toetse en dokters die afgelope 2 jaar voordat ek n mediese fonds gekry het en seker nou nog n groot bedrag die afgelope 3 maande met die medies. Sover kon hulle nog nie juis vir my se wat is fout met my nie en geen medikasie het tot dusver gehelp nie. Neroloe het ook vir my gese dat daar iets is wat my senuwees vernietig maar weet nie wat nie kan dit dalk die Slaap Apnee wees wat al hierdie goed veroorsaak en indien wel is daar Raad groot ASSEBLIEF?

    Ex moedeloos verby en wens soms ek word glad nie wakker nie.

    As daar enige iemand is wat my kan help kontak my asseblief op:

    E-Pos: krugel.natasha@gmail.com
    BBM : 29D7C99D

    Reply
  18. Annelie De Klerk

    My man gebruik nou die Resmed toestel nadat hy gediagnoseer is met slaapapnee. Alles was piekfyn, hy slaap stil en rustig, nou na die 3de aand het hy erge brand in sy neus, gepaard met loperige neus en baie bloederig as hy uitblaas.

    Reply
    1. docfrancois

      Annelie, neusbloeding as gevolg van die positiewe druk wat die masjien in die neus uitoefen is te wyte aan die droë lug – veral in die winter en veral in die binneland. Sommige masjiene het ‘n bevogtiger by wat uitdroging van die neusslymvlies verhoed. ’n Groter tipe masker help ook soms.

      ‘n Kortisoon neussproei mag ook van waarde wees.

      Sterkte! Ek hoop jou man pas goed aan by die C-PAP.

      Reply
  19. Claudette

    My man sweet geweldig oop sy rug snags en snork ook baie erg. Hy het n diknek ja en is oorgewig. Hy het ook 17 jaar terug n triple omleiding gehad en het cholesterol en drink preximas en Plavix en disprin elke dag en pille v d cholesterol. Hy slaap baie deur d dag als soos d deel beskryf. Hy het bv deur d nag drie maal wat ek wakker word nie asem gehaal dan moes ek hom stamp om ase te haal

    Reply
  20. docfrancois

    Jan, alhoewel dit meestal oorgewig mense is wat slaap-apnee kry, is dit ongelukkig nie die enigste bepalende faktor nie. As jy reg is daaroor dat jy al die tekens het, dan mag dit dus inderdaag die probleem wees.

    Reply

Laat 'n boodskap aan Elmarie Schlebusch Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui