Lank reeds word vermoed dat die brein nie so maklik geflous kan word as wat ons algemeen glo nie.
Die brein eet nie alles vir kunsmatige soetkoek op nie!
In die Universiteit van San Diego in California is bewys dat, selfs as die smaakreseptors in die mond nie kan onderskei tussen suiker of kunsmatige versoeters nie, die brein uiteindelik steeds die verskil sal herken. Maar wanneer suiker en ‘n kunmatige versoeter ( sucralose ) ingeneem word sal ‘n MRI ( breinskandering ) wys dat presiese identiese plesier- en smaaksirkels geaktiveer word, sonder enige tekens dat die brein die kunsmatige kalorieё sal herken.
Die proefpersone kon ook nie die verskil agterkom nie, MAAR die brein het net oor die algemeen ‘n diffuus groter respons op suiker gehad. Die spesifieke area wat soetigheid herken, lê in die sg. insula-area van die brein, wat ‘n smaak lees maar ook koppel aan ‘n “belonings- area” wat enkodeer vir ‘n aangename sensasie. Onverwags respondeer die brein dan met verhoogde kommunikasie tussen die plesier- en smaak areas wanneer die kunsmatige versoeter vergelyk word met suiker.
Die “belonings- area” word gestimuleer sonder dat die gevoel van versadiging, wat gewoonlik kom nadat ons geёet het, volg. Die begeerte word nie beloon met versadiging nie die hele brein stelsel skakel dan nie af nie.
Rotte wat kunsmatig versoete jogurt gevoer is, het meer geёet en vetter geword as die rotte wat suiker geёet het. Suiker stimuleer die pankreas asook baie demkanaalhormone, en die brein volg die hele proses. Die brein volg die kalorie- inname en besluit self wanneer ons moet ophou eet. Dit gebeur nie wanneer kunsmatige versoeters ingeneem word nie.
Mense wat kunsmatige versoeters eet is deur die bank dikwels sieker met ‘n hoёr insidensie van hartsiektes.
Die mense wat “diet coke” in hulle supermark trollies laai is baie diwels oorgewig. Laat ‘n mens dink!